Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Author name: Annalise Wiid

’n Groepie leerlinge van Jakes Gerwel Tegnies by die Cabernet Sauvignon- en Shiraz-wingerde wat op die skoolterrein groei. Soos die wingerd in daardie klimaat, kry die kinders by die skool die geleentheid om te gedy. Foto verskaf

‘Nehemia is ons rolmodel’

Bonnievale se gemeenskap het onlangs ’n hele blok wingerd ontwortel. Uitgehaal. Skoongemaak. En in die plek daarvan ’n merkwaardige skool begin bou: Jakes Gerwel Tegnies. Dit staan al half-klaar en huisves reeds 240 graad 8 en 9 leerders. Weer-probeerders sowel as nuwelinge. Die Kaap gons daaroor. Annalise Wiid het gaan kyk. skuins in die liefde […]

‘Nehemia is ons rolmodel’ Lees verder

Artikels
Laurence Mambu (links, 'n MathMom en vlugteling uit die Demokratiese Republiek van die Kongo) en haar vriendin, Nene Omena (ook van die DRK), vertel hoe hulle hier in Suid-Afrika ontmoet het: "Ek het eenkant gestaan, by my kinders se skool – bang, afgesluit van almal. Ek was aan die einde van myself. Toe kom Nene nader en nooi my na die MathMoms toe. Nene was vir my 'n antwoord op gebed! MathMoms het my lewe verander." Foto: Annalise Wiid

Liefde oorwin vrees

Laurence Mambu bry-rol haar r’e soos ’n tipiese Franssprekende wanneer sy Engels praat. Daarom sit sy, as “foreigner”, tjoepstil in ons taxi’s. Staan eenkant op die skoolgrond. Dit is gevaarlik hier tussen vreemdelinghaters. Xenofobie is nie dood nie. Haar aksent verklap haar herkoms. Sy het 17 jaar gelede, as 23-jarige regsgeleerde, uit die onstuimige Demokratiese

Liefde oorwin vrees Lees verder

Nuus
Yonela Ngewangu (met haar seuntjie Thando) en Thandiswa Ceshemba (byna voltermyn swanger) is baie tevrede met die koekies wat hulle gebak het en kan huis toe neem na hulle gesinne. Foto’s: Annalise Wiid

Magdalenahuis is die kerk se biesiemandjie vol hoop

’n Ontstellende hoeveelheid rook borrel onder haar kar se enjinkap uit toe Annalise Wiid voor Magdalenahuis stop. Sy is daar vir die onderhoud vir hierdie artikel, maar nou is haar eerste prioriteit net: “Wie gaan my help?” Toe sy daar inbars met: “Ek dink my kar is aan die brand!” besef sy: Presies só dringend

Magdalenahuis is die kerk se biesiemandjie vol hoop Lees verder

Artikels
Ná ’n feesdiens om haar 45 jaar in Malawi te vier, sit AnnaMarie de Klerk (middel voor) vir ’n foto saam met leraarsvroue en ds en mev MFM Mthiko, leraarspaar van haar eerste wyk in 1971, nou die CCAP gemeente Bwaila. Foto’s verskaf

’n Afrika-rivier, ’n pampoenrank en die evangelie van naaste-wees

Dr AnnaMarie de Klerk was 46 jaar lank sendeling in Malawi. Sy tree nou af. ANNALISE WIID het tydens ’n tuisbesoek, ter voorberei­ding op haar terugkeer na Suid-Afrika, met haar gesels oor groei, ontworte­ling en na­la­tenskappe. Tuis. Waar is tuis vir ’n twee-kultuur mens? So klein en fyn soos sy is, laat AnnaMarie ’n mens

’n Afrika-rivier, ’n pampoenrank en die evangelie van naaste-wees Lees verder

Artikels
Gelukkige, leergierige kinders by die skool in Mangochi. Chancy en Miriam Gondwe verstaan dat vroeëkinderontwikkeling een van die beste maniere is om ’n gemeenskap te ontwikkel. En om mense te help floreer, is vir hulle een van die beste maniere om hulle geloof in Jesus in hulle gemeenskap uit te leef. Foto's verskaf

Groot uitdagings, groot geloof, groot God – Chancy en Miriam Gondwe se verhaal

Toe hy as tiener tot bekering kom, was Chancy Gondwe só geïnspireer deur Paulus se lewe, dat hy gebid het: “Here, gee vir my ’n groot geloof.” Nou lag hy: “Toe gee God vir my groot uitdagings.” Een daarvan was om saam met sy vrou, Miriam, ’n skool te stig – vir kinders en volwassenes. ANNALISE

Groot uitdagings, groot geloof, groot God – Chancy en Miriam Gondwe se verhaal Lees verder

Artikels
Cecil de Kock (links), pastoor van Patmos-bediening, en Suretha en Wilhelm de Kock gesels in die kantoor “waar Meneer Wilhelm se deur altyd vir ons oopstaan”. Suretha is Wilhelm se vrou. Fotos: Annalise Wiid

’n Belegging in my medemens

In Ceres se omgewing boer Wilhelm de Kock met beleggings in sy medemens. En hulle pluk, wedersyds, ’n besonder goeie opbrengs van mekaar. Daarbenewens boer hy ook met appels en pere. ANNALISE WIID het op die plaas De Eiken met hom en sy kollegas gaan gesels. Net anderkant die dorp vat ’n mens die Bo-Swaarmoedpad.

’n Belegging in my medemens Lees verder

Artikels
Kinders van Khayelitsha met welkome oorskiet van die ramp­hulp wat vir Knysna bestem was. Foto: Verskaf

Noodhulp vir Knysna help tot in die Kaap

Onthou jy die Knysna-brande verlede jaar? Die oorvloedige noodvoorraad wat inge­stroom het? Het jy ooit gewonder wat van die oorskiet daarvan geword het? Annalise Wiid het toevallig uitgevind. 7 Junie 2017. Inwoners van Knysna, Plettenbergbaai en omgewing word oorval deur ’n skrikwekkende brand, aangeblaas deur ’n verwoede stormwind. Bykans 10 000 mense moet oornag uit

Noodhulp vir Knysna help tot in die Kaap Lees verder

Artikels
Mariëtte Odendaal op die sitplek van hulle voer­tuig aan die gesels met Ilse en Martin Pauw. Foto verskaf

Die mooiste taal van Afrika

“Afrika praat mos hierdie mooi visuele taal: Iemand bring ’n hoender vir die Here. Of ’n mens kry ’n hele tros piesangs vir padkos,” gesels Mariëtte Odendaal. Sy het van haar koester-ervarings in Afrika met ANNALISE WIID gedeel. Mariëtte is ’n kommunikasie-konsultant by Arbeidsbediening Kaapstreek en die Diensgroep Getuienisaksie wat vennote soos die Reformed Family

Die mooiste taal van Afrika Lees verder

Artikels
Henrico Frans, wenner van Nal’ibali se Story Bosso-kompetisie, in die kategorie vir gebaretaal, praat met sy hele lyf as hy ’n storie vertel. Hier beduie hy hoe die boepensmannetjie in sy wen-storie loop. Langs hom staan ds Nioma Venter, PSD Diaconia Wes-Kaap, wat instrumenteel was daarin dat Nal’ibali hierdie jaar ook vir gehoorgestremdes storie-ruimte geskep het. Foto: Annalise Wiid

Hier is gebaretaal se Storie-Baas

Ons maak nie onderskeid tussen volwassenes en kinders nie. Die fokus is op die vreugde van stories vertel en dít kan oud en jonk ewe prettig doen! Dít is die Nal’ibali Trust se ingesteldheid met hulle Story Bosso-kompetisie. Annalise Wiid het Henrico Frans, 2017 se storie-baas in gebaretaal, op Worcester gaan ontmoet. Henrico Frans (19)

Hier is gebaretaal se Storie-Baas Lees verder

Artikels
Vier lede van die dansgroep dans Willie Joubert se lied, Soli Deo Gloria, in Nelspruit Moedergemeente se kerk tydens hulle Oesfees op 3 September 2017. Van links is die dansers Caroline Kotzé, Christelle van Wyk (effens na agter), Lieze Loots en Maritha du Plessis. Foto’s verskaf

‘Ons dans ’n boodskap van hoop – en dít genees’

As laerskooldogtertjie in Pretoria was balletprentjies vir haar die mooiste. En ’n volkspele-tiekiedraai het haar laat voel sy wil net aanhou draai en draai. Caroline Kotzé van NG gemeente Nelspruit het vir ANNALISE WIID vertel hoe dans mettertyd vir haar ’n uitdrukkingsvorm van die evangelie geword het. Caroline Kotzé se eerste koordansklas was eers as

‘Ons dans ’n boodskap van hoop – en dít genees’ Lees verder

Artikels
Charl en Esmé met hulle biologiese seun, Jandré. Foto’s verskaf

Kinders moet weet daar is iemand wat omgee

Esmé Brink doen vrywillige werk vir Badisa, die NG Kerk in Wes-Kaapland en die Verenigende Gereformeerde Kerk in Kaapland se gesamentlike barmhartigheidsdiens. Maar sy en haar man, Charl, is ook pleegouers. Annalise Wiid het na Esmé se verhaal geluister. “Van die oomblik wat ek die eerste keer oog­kontak maak met hulle en daardie lyfies teen

Kinders moet weet daar is iemand wat omgee Lees verder

Artikels
Bo: Met kunswerke oral om hulle, luister die gemeente lekker na ’n langtafel-gesprek tussen Ingrid Maritz, Herman du Plessis en Neil Büchner. Vir drie agtereenvolgende Sondae het NG gemeente Franschhoek Lentefees gevier deur in die erediens te fokus op kreatiwiteit as ’n gawe van God en aan mekaar. Foto’s: Annalise Wiid

Kuns en skoene bring ryker verstaan van God en mens

“Dis lente, tyd van nuwe dinge. Ook Koninkrykstyd, tyd om in die Koning se ryk te werk; elkeen op sy eie manier met eie gawes.” So sê ds Peet Bester van die NG gemeente Fransch­hoek. Hulle het in September ’n lentefees gevier, met die tema: Lewende Water. ANNALISE WIID het daar gaan drink uit ’n verbeel­dingryke kunsfontein.

Kuns en skoene bring ryker verstaan van God en mens Lees verder

Artikels
Carina van der Watt (regs voor) kuier saam met van die studente om ’n tafel met eet- en drinkgoed. Dit is deel van hulle grasvryheidsbediening. Foto’s verskaf

’n Kersieboom met Suid-Afrikaanse wortels blom in Japan

Japan, eksotiese land van die opkomende son, samoerai’s, kimono’s, kersiebloeisels en dip-dak tempels. ’n Rooi kol-vlag en vooruitstrewende ekonomie. Slegs 1% Christene in ’n bevolking van 127 miljoen. Stéphan en Carina van der Watt werk daar. Stéphan is professor in pastorale teologie en sorg aan die Kobe Gereformeerde Teologiese Skool. Carina is tuisopvoeder, gasvrou en

’n Kersieboom met Suid-Afrikaanse wortels blom in Japan Lees verder

Artikels
Die Smit-gesin ’n jaar of twee gelede: Pa, Willem, ’n siviele ingenieur, Johannes, ma, Anelé en ouboet, Hein – bondelhoutjies, saamgebind. Hulle word die afgelope sewe jaar ondersteun deur 20 vrywillige, en uiters kundige, helpers. Anelé vertel dat omgee-mense vir 259 dae aaneen na die ongeluk vir hulle kos gebring het, sodat haar hande los kan wees om haar kinders te versorg. Foto’s verskaf

Genade vloei soos fonteine

Johannes Erasmus Smit was agt jaar oud en besig om bloekomtakke op te tel waarvan hy kruise wou maak vir Paasfees, toe ’n motor hom raakry en baie ernstig beseer. ANNALISE WIID het gaan kuier en varsvloeiende fonteine van onophoudelike genade ontdek – in mense met sagte oë en goeie harte. Aan die Smitte, wat

Genade vloei soos fonteine Lees verder

Artikels
Prof Elna Mouton (links) saam met ds Franziska Andrag-Meyer van NG gemeente Suidpunt, Struisbaai, by ’n skildery wat Andrag-Meyer gemaak het en aan Mouton oorhandig het. Tydens die oorhandiging het Andrag-Meyer gesê: “Ek het by prof Mouton geleer jy kan niemand inhelp as jy in die sentrum van die sirkel staan nie.” Foto verskaf

Elna het oor berge en drumpels gereis

Afrika. Die Bybel. Vroue. “My verhaal is méér as mý perspek­tief daarop,” het prof Elna Mouton onlangs op Stellenbosch gesê waar sy oor haar reis as vrou deur “die bediening” gereflekteer het. ANNALISE WIID vertel. “Ek sit ‘bediening’ met opset in aanhalings­tekens,” sê prof Mouton. Ons het die woord verskraal, meen sy. Ons moet die

Elna het oor berge en drumpels gereis Lees verder

Artikels
Die onthulling van die beeld van die Aard-moeder en kind wat lees by Ladybrand se biblioteek. Van die bibliotekaresse tot leerders van verskillende skole in die dorp het kom kyk. Ladybird Academy se kunsstudente het die beeld gemaak. Foto’s: Belinda Pike

Die Here het vir dié Lady ’n droom gegee

Ronél Henning het die gawe van musiek gekry. Sy gebruik dit as orrelis van die NG gemeente Ladybrand. Maar sy doen veel meer daarmee. Sy deel dit in haar agterplaas met die spreekwoordelike Judea, Samaria en die uiterstes van die aarde – en daardeur vermenigvuldig sy die vreugde. ANNALISE WIID het na haar gaan luister.

Die Here het vir dié Lady ’n droom gegee Lees verder

Artikels

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top