Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Transgender mense

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Stefaan de Jager van Humansdorp skryf:

Ek reageer na aanleiding van Albert Alberts van Plettenbergbaai se skrywe (Kerkbode, 16 Februarie 2018). Hy merk tereg op dat iemand wat transgender is, nie daarvoor gekies het nie en dat dit dus nie die gevolg van ’n sondige keuse of ongehoorsaamheid is nie. Diesulkes kan dus verseker wees dat die Here se genade ook vir hulle genoeg is in dit wat hulle moet dra. Eendag met die voleinding sal die mens wel volmaak wees.

God het die mens volmaak geskape maar die sondeval het alles vertroebel en het dit wat God goed en volmaak geskape het kom skeeftrek. Heteroseksualiteit is ’n gawe van God maar biseksualiteit, homoseksua­liteit, transseksualiteit, interseksualiteit of watter ander seksualiteite daar ook al mag wees, kan nooit as God se gawe aan die mens beskou word nie. Dit is ie­wers vrug van die sondeval.

Gelukkig is die genade van die Here ook genoeg vir die transgender gelowige om hierdie doring in die vlees te kan dra.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top