Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kos vir die mense

Psalm 104 is ’n skeppingspsalm. Die 35 verse word grootliks daaraan gewy om God se grootheid te besing aan die hand van die natuur wat Hy gemaak het en onderhou. In vers 14 en 15 word daar egter skielik ook na die mens verwys: “U laat gras uitspruit vir die diere en groen plante vir die mens sodat hy kos uit die aarde kan kry: wyn om mense se harte bly te maak, olie om die gesig te versorg, kos om die mens nuwe krag te gee.” Dit is ’n erkenning van God se liefdevolle sorg vir die mens, soos vir die res van die natuur. Dis sorg wat ons sien en proe in ’n verskeidenheid groente en vrugte en graan, in brood en wyn, soos op die foto hierbo. Dis sorg wat nie net laat oorleef nie, maar wat, met die luukse van wyn daarby, ook vreugde bring. Maar die psalm lê daarmee ook ’n verband tussen mens en natuur. Die mens staan nie teenoor die skepping nie, maar is deel daarvan – en afhanklik daarvan. Van hedendaagse mense vra dit ’n eko-bewustheid, ’n lewenstyl wat besorg is oor en ingestel is op die bewaring van die omgewing waarvan God ons deel gemaak het. Foto en teks: Neels Jackson

Lees ook: Strome water

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top