Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

AMPTELIK: Jare se besware bekyk

Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.

Die Algemene Sinode Moderamen (ASM) het besluit om ’n taakspan aan te wys om die beswaarskrifte (gravamina) wat aan die Algemene Sinode gerig is, te orden en vir die af­gevaardigdes meer hanteerbaar te maak. Die taakspan het na alle gravamina wat sedert die sitting van die Algemene Sinode in 2015 ontvang is gekyk ten einde die ontvanklikheid daarvan te beoordeel, luidens ’n ver­klaring op ngkerk.net

“Daar is hoofsaaklik twee groter groeperinge van dié skrywes. Eer­stens is daar dié wat handel oor die leer van die kerk en tweedens is daar dié wat handel oor die kerkregtelike besware met betrekking tot die 2015-vergadering van die Algemene Si­no­de toe die besluit oor selfdege­slag­verhoudinge geneem is. Lede van die Algemene Taakspan Leer en Aktuele Sake wat op die taakspan dien, werk tans aan die gravamina wat oor die leer van die kerk handel, onder die volgende rubrieke: Skrifgesag, eksegese, hermeneutiek, etiek, dogma-histories, belydenis, ekume­ne, antropologie, biologiese wetenskappe.

Lees meer by NGKerk.net

“Lede van die Algemene Taakspan Regte wat op die taakspan dien, werk aan die kerkregtelike besware ten einde dit ook op só ’n wyse te orden dat dit makliker hanteerbaar is.” In die ordening en hantering van die gravamina word daar op geen sta­dium met die meriete van die gravamina gehandel nie, luidens die verklaring.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top