Kalwertjies, lammetjies, welpies, kuikentjies … Babatjies van enige soort ontlok gewoonlik ’n gevoel van vertedering by mense, juis omdat ’n mens in hulle die wonder van lewe herken. Iets daarvan sien ’n mens in die foto van die klein blouapie hierbo, en iets daarvan vind ’n mens terug in vers 30 van Psalm 104: “U gee die lewensasem, en daar is lewe …” Die digter van die Psalm herken nie net die wonder van lewe nie, hy herken ook die Gewer daarvan. Nadat die Psalmdigter uitgewei het oor God se beheer oor alles in die skepping, God se sorg vir al wat leef, en elke lewende wese se afhanklikheid van God, bely hy God as die gewer van die lewe self. Dit is ’n hoogtepunt onder al die tekens van God se grootheid wat hy in die skepping gesien het. Daaroor loof hy die Here.
Lees ook: Die vaste tye van son en maan