Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto: Neels Jackson

Wonder van lewe

Kalwertjies, lammetjies, welpies, kuikentjies … Babatjies van enige soort ontlok gewoonlik ’n gevoel van vertedering by mense, juis omdat ’n mens in hulle die wonder van lewe herken. Iets daarvan sien ’n mens in die foto van die klein blouapie hierbo, en iets daarvan vind ’n mens terug in vers 30 van Psalm 104: “U gee die lewensasem, en daar is lewe …” Die digter van die Psalm herken nie net die wonder van lewe nie, hy herken ook die Gewer daarvan. Nadat die Psalmdigter uitgewei het oor God se beheer oor alles in die skepping, God se sorg vir al wat leef, en elke lewende wese se afhanklikheid van God, bely hy God as die gewer van die lewe self. Dit is ’n hoogtepunt onder al die tekens van God se grootheid wat hy in die skepping gesien het. Daaroor loof hy die Here.

Lees ook: Die vaste tye van son en maan

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top