Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kerk: ‘Sukses hang af van ons getuienis’ – Claassen

Die gewone manier waarop die NG Kerk sy kern-besigheid uitvoer, word geweldig deur noodmaatreëls teen die verspreiding van die koronavirus uitgedaag, meen dr Gustav Claassen, die algemene sekretaris van die NG Kerk.

“Met bidure en ander kleiner byeenkomste kan makliker opsies uitgeoefen word omdat daar nie so baie mense by betrokke is nie. Maar met eredienste waar gepreek word en die sakramente bedien word, word groter kreatiwiteit gevra.”

LEES OOK: Koronavirus: Hoe reageer gemeentes op verbod?

Claassen het Maandag laat weet dat die moderatuur Dinsdag ’n verklaring met meer inligting sal uitreik en genoem dat kerkleiers in ekumeniese verband Donderdag ’n ontmoeting met pres Cyril Ramaphosa sal bywoon wat die president aangevra het.  

Claassen het genoem dat gemeentes dalk die volgende opsies kan oorweeg: 

  • Kleiner eredienste op verskillende tye
  • Beeldsendopsies (van eredienste) 
  • Met nagmaal sal ’n opsie gebied word waar lidmate kan inloop, tekens gebruik en self gedrukte liturgie lees en uitbeweeg.

Claassen vat saam: “Laastens moet ons onthou die kerk se sukses hang altyd af in hoe ‘n mate sy in die wêreld ’n getuie is van God se liefde. Dus moet die kerk uitreik na mense wat siek is of gesinne wat geraak is, soos byvoorbeeld bejaardes. Dit moet egter met groot verantwoordelikheid gedoen word sodat mense nie verder geïnfekteer word nie.”

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top