Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Koronavirus: Hoe reageer gemeentes op verbod?

“Beweeg van kerkgeloof na huisgeloof.”

Só sê ds Rudi Swanepoel van NG gemeente Andrew Murray in Johannesburg aan lidmate nadat president Cyril Ramaphosa in reaksie op die koronavirus onder meer ʼn verbod op samekomste van meer as ʼn 100 mense aangekondig het. 

LEES OOK: Korona: ‘Álmal moet nou help’ – Ramaphosa

Dr Nina Müller van Velden van NG Parke-gemeente in die noordelike voorstede van Kaapstad stel voor dat opgeneemde preke in die komende weke op webblaaie en via Facebook met gemeentelede gedeel word. Sy sê eredienste kan selfs via Facebook Live of deur die skep van YouTube kanaal steeds plaasvind.

Beide Müller van Velden en Swanepoel waarsku dat gemeentes moet waak teen selfs kleiner samekomste. Alle roepaktiwiteite moet tot groepe wat in dieselfde huis woon, soos gesinne, beperk word. Swanepoel brei uit, “Predikante moet riglyne beskikbaar maak vir gesinne om op hul eie “kerk” te hou. Hierdie tyd is ʼn kosbare geleentheid vir gesinne om saam te bid, te gesels en Bybel te lees.” Hy sê met die oog op Paasnaweek kan leraars ʼn volledige liturgie uitwerk met riglyne wat tuis gedoen kan word.”

Ds Riaan de Villiers van NG gemeente Groote Kerk in Kaapstad sê eredienste en kleingroepontmoetings met min mense is steeds ʼn risiko. Hy stel voor dat indien gemeente steeds met kleiner eredienste voortgaan, moet gemeentes kollekteborde, nagmaalbekers en teegeleenthede vermy. “Reinig alle ruimtes van aanbidding byvoorbeeld die tafels, stoele en banke na elke byeenkoms. Ek sien mense vra vrae oor wat hul met hul basaar moet maak. Dis eenvoudig: in ‘n ramptoestand stel jy jou basaar af, sê de Villiers. 

  • Uitnodiging: Deel hieronder praktiese wenke hoe gemeentes sinvol in hierdie moeilike tyd kan optree asook skakels na hulpbronne wat jy vertrou. – Red.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

2 thoughts on “Koronavirus: Hoe reageer gemeentes op verbod?”

  1. Doret Niemandt

    Lidmate wat bejaard is (en die meeste blootgestel is) kan hulle inkopielyste gee en dan sorg die gemeente dat die produkte by hulle uitkom. Dit sorg dat hulle nie blootgestel word nie. Dalk kan ons dit doen by aftree-oorde? Ons hoef nie self al die inkopies te doen nie, kan dit aanlyn doen, kan selfs boodskap stuur en hoor wie sal kan help. Net ‘n manier om pro-aktief te wees. Bejaardes heel meeste blootgestel!

  2. Francois Lamprecht

    Pellissier NG Gemeente is een van vele gemeentes wat al vir ‘n paar jaar eredienste livestream via Facebook, Youtube en ons eie gemeente app. Ons gaan vir die volgende maand ons eredienste om 9:00 op Sondae oggende livestream. Persone wat daarna kyk kan ook live kommentaar lewer en selfs vrae vra.
    Hoop hierdie kan help om die gemeenskap te behou. Kyk gerus saam by
    https://www.youtube.com/channel/UCseZ6_bACuzBLaWy3zKZ9pw
    http://www.ngkerkpellissier.co.za/
    https://www.facebook.com/Pellissier-Gemeente-126862277481123/

Comments are closed.

Scroll to Top