Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Skermgreep van Kerkbode se e-koerantuitgawe
Skermgreep van Kerkbode se e-koerantuitgawe

Só raak Koronavirus ons

Getroue leser en gewaardeerde intekenaar op Kerkbode

Die gedrukte weergawe van Kerkbode word wel geraak deur die omvattende maatreëls om ons gemeenskappe teen die verspreiding van die Koronavirus te beskerm.

Die volgende uitgawe (omslagdatum 17 April) sal skuif na later in die jaar, wanneer ons afleweraars en ander logistieke medewerkers nie deur die landswye afsondering aan bande gelê word nie. Ons is jammer vir die ongerief en dankbaar vir jou begrip.

Bly op hoogte: Nuus en video

Intussen werk ons redaksionele span hard om al die jongste nuus oor die implikasies van die Koronavirus hier op www.kerkbode.co.za by te bring en lesers só op hoogte te hou. Indien jy ook “push notifications” op jou foon wil ontvang, laai gerus die app by hierdie skakels af: Android. Of Apple.

Ons wil ons lesers veral verbind met die groot aantal gemeentes wat nou van regstreekse video-uitsendings gebruik maak om hul boodskap te versprei. Besoek KiesKerk vir meer daaroor en skakel Sondagoggend in om ‘n virtuele erediens te vind indien jy nie reeds sulke planne het nie.

e-Koerant

Benewens ons beriggewing op hierdie webwerf, is ons ook besig om opsies te verken om die gedrukte koerant in elektroniese formaat beskikbaar te stel aan intekenaars wat daardie leeservaring – die sogenaamde e-koerant of pdf-koerant – verkies.

Kerkbode: e-koerant (20 Maa… by Kerkbode on Scribd

Kerkbode: e-koerant (20 Maar 2020) by Kerkbode on Scribd

Vakatures

Onthou ook om ons gewilde Vakatures-afdeling dop te hou, waar alle advertensies steeds digitaal-eerste sal verskyn. – Red. 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top