Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraarspos
Sluitingsdatum: Vrydag, 1 Mei 2021
1. GEMEENTEPROFIEL
- Bothaville Moedergemeente is ’n plattelandse gemeente met 340 belydende en 102 dooplidmate.
- Die gemeente is 130 jaar oud en bestaan uit 11 dorpswyke en vyf plaaswyke.
Die hoof- ekonomiese aktiwiteit in die gebied is landbou en van ons lidmate is ook betrokke by besighede op die dorp. Ons gemeente het ook lidmate in Maranata-tehuis vir bejaardes. - Bothaville leen homself tot ’n gesonde en aktiewe leefstyl met toegang tot ’n goeie hoërskool, laerskool en drie plaasskole.
2. LERAARSPROFIEL
- Vaardig om alle ouderdomsgroepe te bedien.
- Dinamiese en goeie kommunikeerder en respekteer wedersydse inspraak van gemeenteleiers.
- Ons fokus in die erediens daarop om die Woord met ’n tradisionele, Skrifgetroue en relevante prediking met innoverende denke te bedien, maar wel ook met groot ruimte vir jeugbediening en lofprysing.
- Entoesiatiese deelname aan gemeente-aktiwiteite.
- Pastorale, sieke- en huisbesoeke en persoonlike kontak met lidmate is belangrik.
- Passie het, nie net vir die gemeente, maar ook vir die gemeenskap.
- Nakoming van alle ampspligte, soos omskryf in Artikel 9 van die kerkorde as riglyn, in samewerking met die ander leraars binne die bedieningsraamwerk van die gemeenskap.
AANSOEKE
- Elektroniese aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en kontakbesonder- hede van ten minste twee verwysings.
- Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike preekbeurt en onderhoud indien daartoe versoek.
- Die vergoeding en indiensnemingskontrak is onderhandelbaar.
- ’n Ruim pastorie is beskikbaar.
RIG AANSOEKE AAN: Pre-advieskommissie. E-pos: ngbothaville@telkomsa.net
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Vrydag, 1 Mei 2021.
DIENSAANVAARDING: 28 Augustus 2021 of soos oorgekom deur kerkraad en kandidaat.
NAVRAE: Pre-advies-kommissie – Llewelyn Niksch 083 453 1360.
Skriba – Adré Bruinette 056 515 2194 gedurende kantoorure.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
Geborg

