Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Askham-Noenieput

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Vastetermynpos
Sluitingsdatum: 30 April 2021


Die kerkraad van Askham-Noenieput wag in afhanklikheid aansoeke in vir die bostaande pos.

Gemeenteprofiel:

Die NG gemeente Askham-Noenieput is ’n tweekop-gemeente in die Noord-Kaap, 180 km noord van Upington. Die 2 bedieningspunte bestaan uit 110 belydende en 40 dooplidmate wat verdeel is in ses plaaswyke en een dorpswyk. Eredienste word alternatiewelik weekliks by die twee punte gehou.

Leraarsprofiel:

Daar word gesoek na ’n persoon wat:

  • ’n Lewende verhouding met die Here het.
  • Entoesiasties en Skrifgetrou preek.
  • Met deernis na mense omsien en huisbesoek doen.
  • In ’n span kan saamwerk en goeie menseverhoudinge handhaaf.
  • Getroude emeritusleraar.

Vergoeding en voordele:

  • ’n Pakket wat ’n selfoontoelaag, reiskoste en verblyf insluit, maar nie mediese en pensioenbydraes nie, word aangebied.
  • Pastorie met munisipale dienste.

Aansoeke moet vergesel word van ’n volledige maar kort CV en kontakbesonderhede van ten minste drie verwysings.

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt.

Rig aansoeke aan: Die Kerkraad, e-pos: ngkerkaskhamnoenieput@gmail.com

Diensterrmyn: Twee jaar-kontrak.

Sluitingsdatum: 30 April 2021.

Diensaanvaarding: 1 Julie 2021 of spoedig daarna.

Navrae:

  • Oudl Kruger du Toit 082 312 3089 of
  • Kerkkantoor 082 925 9141

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.


No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.