Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Finansiële impak van die pandemie op gemeentes: Be-roepbare predikante en proponente as ‘werkloses’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Daniel Louw van Universiteitsoord, Pretoria skryf:

Die berig met betrekking tot die finansiële impak van die pandemie op gemeentes verwys. Hiermee probeer ek weer ’n lansie breek vir die beroepbares, alternatiewelik die werklose groep predikante in die kerk en die impak in hulle lewe. Ek dink hierdie groep predikante behoort deel te wees van die gesprekke en statistieke.

LEES OOK: Finansiële impak van pandemie op gemeentes

Geborg

Die direkte impak is dat bykans alle erediens- en verlof-aflosgeleenthede (wat broodnodige broodgeld is en geleenthede is om die broodnodige kontak te behou met die bedieningspraktyk) van hierdie groep net eenvoudig weggeval het.

Die werklikheid dat daar wel verminderde inkomstes in ’n aantal gemeentes is en, al is dit klein, ’n persentasie gemeentes dit nie gaan oorleef nie, het ’n dodelike nagevolg, nie net op die bedieningsroeping van die werklose predikant nie, maar ook sy menswees en in geheel impakteer dit ook op die kerk.

LEES OOK: Nadia Marais skryf: Noem dit genade

Die gedagte dat slegs die plaaslike kerkraad na sy beroepbares moet omsien is nie voldoende nie. In sy navorsing en beriggewing behoort die kerk en spesifiek die volledige predikantekorps as kollegas van mekaar aandag te gee aan die groep werkloses onder ons. Let wel, emeriti of gepensioneerdes tel nie as beroepbaar en/of as werkloos nie en kerkrade behoort veel eerder aflosgeleenthede en kontrakposte te gee aan beroepbares.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top