Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Oor die reg om te verskil

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf:

Lees die Algemene Sinode (AS) se SGV-besluit hier, saam met onlangse berigte in Kerkbode en in die sekulêre media rakende uiteenlopende benaderings in die NG Kerk.

In die een berig trek ’n Oos-Kaapse kerkleier te velde teen ’n gewaande “mobiliseringsveldtog” van Kairos Netwerk. In punt 9 van die AS se SGV-besluit van 2019 word kennis gegee dat “daar ’n span saamgestel sal word wat elke streeksinode sal besoek om hierdie saak duidelik en deeglik deur te werk”. ’n Gids is ook in Maart 2020 hiervoor ontwikkel. Is dit regverdig dat daar in die kerk mobilisering is om “hierdie saak” (die on-Bybelse SGV-besluit) “duidelik en deeglik deur te werk”, terwyl dolerendes nie die reg het om húlle standpunte duidelik en deeglik voor te lê nie?

In dieselfde punt 9 staan: “Die sinode wil graag die ruimte wat vir almal geskep word, om volgens hulle oortuiging op te tree, bevestig”. Soos ek dit verstaan, word hierdeur aan dolerendes soos Kairos Netwerk en die Namibiese groep Sola Scriptura, die reg gegee om te verskil.

LEES OOK: ‘Wegbreek-praatjies benadeel kerk se beeld’

By punt 3 van die AS se SGV 2019-besluit, is die soetklinkende stelling: “Die sinode is verbind tot ’n voortgaande en nederige diepe luister na mekaar, met respek vir mekaar se uiteenlopende benaderings, Skrifhantering en hermeneutiek.” Ek ervaar in berigte in die media en op sosiale media deur sommige hooggeplaasdes in die NG Kerk, juis die teenoorgestelde.

My belewenis is dat daar ontken word dat behoudendes die reg het om hulle standpunte te stel, volgens hulle oortuigings op te tree en op te staan vir die Waarheid van God se Woord.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top