Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Oberholzer

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van NG Oberholzer wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

VAKATURE: LERAAR

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2022.

Gemeenteprofiel: Die NG Gemeente Oberholzer op Carletonville is ’n plattelandse dorp in Gauteng, wes van Johannesburg en ongeveer 50 km van Potchefstroom. Gevestigde sake-, boerdery- en mynbedrywighede vorm die hart van die ekonomiese aktiwiteite van die dorp. Binne die gemeentegrense is verskeie laer- en hoërskole, asook ’n ouetehuis. Carletonville het heelwat ander gevestigde en aktiewe kerke in die dorp. Besoekpunte sluit plaas- en dorpswyke in, waarvan die meerderheid in die dorp geleë is. Die gemeente bestaan uit ongeveer 650 belydende en 170 dooplidmate.

Leraarsprofiel:

Ons bid vir ’n leraar wat:

  • Voor loop en voor bly,
  • reeds oor bedieningsondervinding beskik,
  • begrip en liefde toon vir plattelandse gemeenskap se unieke behoeftes en omstandighede,
  • fokus op menseverhoudinge, dit kan bou en onderhou,
  • energiek sy of haar roeping met ’n aansteeklike passie sal uitleef as voorbeeld vir ander,
  • dit sal wonderlik wees as die suksesvolle kandidaat saam met die gemeente, op reeds bestaande fondasie met nuwe entoesiasme, kan voortbou,
  • Skrifgetroue Woordverkondiging doen, getrou is aan die gereformeerde leer en die belydenisskrifte van die kerk,
  • beskik oor leierseienskappe om die gemeente in soveel as moontlik fasette (eredienste, kategese, projekte, ens) te help groei,
  • ons gebed is: om as gemeente, volgens die suksesvolle kandidaat se gawes, saam op reis te gaan, sodat ons “met die oog op Jesus” doelgerig sal leef, werk, dien en volg.

Pligte:

  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en voordele:

’n Vergoedingspakket binne die raamwerk van die sinodale skaal word aangebied, met die gewone voordele verbonde aan so ’n aanstelling. ’n Ruim 4 slaapkamer pastorie is beskikbaar as deel van die vergoedingspakket.

Help ons asseblief om jou beter te leer ken deur jou CV met persoonlike besonderhede, onlangse foto, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente te e-pos aan mnr Mossie Lewitton by carfreshmeat@lantic.net.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.