Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die medeskepping van nuus- en aktuele inhoud, gepaard met die aanleer van nuwe digitale vaardighede (die klem was vanjaar op data-joernalistiek), is ook vir Kerkbode ’n belangrike strategiese stap.

Slypskool vir Skrywers: Deelnemers vind stories in data (en bied blik op die toekoms)

Vandeesweek publiseer ons die laaste “oes” stories uit die Slypskool vir Skrywers wat Kerkbode in Augustus tesame met die Taakspan Navorsing op Wellington aangebied het. 

Deelnemers van regoor Suid-Afrika en selfs uit Namibië het vir ’n dag of wat om ’n tafel kom sit en na dieselfde datastelle (taakspan se mees onlangse navorsing) gekyk en elkeen kon self besluit wat nuuswaardig is en hoe om daardie storie te vertel. 

Die medeskepping van nuus- en aktuele inhoud, gepaard met die aanleer van nuwe digitale vaardighede (die klem was vanjaar op data-joernalistiek), is ook vir Kerkbode ’n belangrike strategiese stap. Die toekoms wat ons vir hierdie publikasie sien, is digitaal en interaktief op maniere wat die gedrukte medium nie toelaat nie.

Die langsame skuif van ’n vorige joernalistieke era na een waar gehore rondom ’n nuwe stel sonne wentel, vra onder meer dat ons wegtree van stoere eenrigtingkommunikasie en presies sulke samewerkingsvennootskappe soos die Slypskool ontgin en toetsbestuur. Die doelwit is darem nie wildvreemd nie. Dit is gewoon ’n platform waar ’n veelheid betroubare, ingeligte en uiteenlopende stemme gevier eerder as geduld word.

Só lyk vanjaar se stories:

Hiérmee sukkel jong predikante die meeste – deur Wynand Fourie

Wanneer ’n dominee oor toilette begin droom – deur Wynand Breytenbach

Wat kan ons uit die toenemende gewildheid van pelgrimstogte in Suid-Afrika leer? – deur Karlien Becker

Stop mistieke spiritualiteit dan by stilte? – deur Suzanne van der Merwe

Kennisbehoud: Stuur die NG Kerk af op ‘geheueverlies’? – deur Andrew Kok

Dominees verkies veelrassige gemeentes – hoe lyk dit prakties? – deur Marius Schoombie

Wat is ’n inklusiewe gemeente? – deur Wessel Wessels 

Leraar hoor stille getuienis van kussinkies op kerkbanke – deur Mias van Jaarsveld 

Belydenisskrifte onder die rooi pen? – deur Jacques Strydom 

Dominee gesoek: Superheld of brose verteenwoordiger van Christus? – deur Marileen Steyn

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top