Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.
Die Algemene Sinode spreek dank uit teenoor ATLAS vir hulle vorderingsverslag asook die kommentaar van die vloer van die AS. ATLAS word versoek om ‘n opgedateerde verslag aan die 10 samestellende sinodes te bedien wat die verskeidenheid van kommentaar wat van die vloer tydens die AS gelewer is, in ag neem. Die AS verwys die opgedateerde verslag na die 10 samestellende sinodes. Die AS neem ons belydenis van die Drie-Enige God as vertrekpunt en verwerp alle vorme van sinkretisme.
Voortspruitend hieruit kan ’n gespreksgids deur ATLAS en die Taakspan vir evangelisasie ontwikkel word wat vir Christene konkrete leiding gee in hulle omgang met mense van ander gelowe, ook in publieke ruimtes.
Die AS versoek dat hierdie gespreksgids voorgelê word aan die AS in sitting 2027.
Die AS versoek ATLAS om ’n werkgroep aan te wys om ’n ondersoek te doen oor die kenmerke, oortuigings en behoeftes van mense wat hulleself nie met enige godsdiensgroepering assosieer nie met verslagdoening aan die AS van 2027.
Geborg