Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.
PODSENDING: Luister na ’n gesprek hieroor
NGK-Namibie-se-uittrede-uit-Algemene-Sinodale-verband-2023-11-08 (1)Geborg
Ai man.
‘n Streeksinode se oproep aan ‘n algemene sinode om hartgrondige bekering is nie ‘n saak wat ligtelik opgeneem kan word nie. Ten diepste vra dit vir die hartgrondige bekering van elkeen wat deel was van die algemene sinode, en van die kerk en sy lidmate.
Dit is nie of ons nie al jare lank hardgrondig besin oor die saak van seksuele orientasie nie. In onlangse tye besin die NG kerk al sedert die vorige eeu daaroor, en die pad na die besluite tot hier was nie ‘n ondeurdagte een nie. Ek, saam met ander gelowiges dink ook al lewenslank diep hieroor. Baie groei het al plaasgevind, en ons het steeds nie die finale antwoord hie.
Juis daaroor is ek aan die een kant hartseer, en aan die ander kant diep seergemaak – ek treur daaroor dat ‘n sinode ons daarvan beskuldig – en ons effektiewelik onder tug plaas omdat ons nie ‘n hartgrondige bekering beleef het nie. Het iemand dan die finale antwoord?
Dit is nie net ons wie antwoorde soek nie. Mense dwarsoor die wereld (gelowig en nie gelowig) vra dieselfde vrae. Die deurbraak het bv. vir die ortodokse jodendom gekom toe hulle besef het dat mense nie self oor hul eie seksuele orientasie kan besluit nie. Soos ons is hulle gedwing om binne die verstaan van hul geloofsraamwerk, die eksterne omgewing te verreken.
Dalk is dit juis ons wie die hartgrondige bekering beleef het omdat gelowiges in die lig van Christus se versoening bereid is om eeue se diskriminasie en strukturele liefdeloosheid bely? Soos wat Oom Bey en op die ou einde, die NG Kerk opgestaan het teen apartheid was die besluite oor selfdegeslag verhoudings nie ‘n maklike of ligtelike een nie.
Juis omdat ons weet hoe vasgeloop die kerk oor die saak is, het ons weer omgedraai om weer na ons broers en susters met ander standpunte te luister, en hulle te aanvaar – ten spyte van ‘n grondige meningsverskil – aldus die 2023 besluit. Die tafelgesprekke het in hierdie gees van versoening plaasgevind.
Wat my die hartseerste maak is dat die leierskap van die Namibiese sinode nie bereid is om dieselfde te doen nie, maar effektiewelik vir my onder tug plaas en hulself leed aandoen deur ‘n ledemaat (hulself) van die liggaam af te skeur omdat hulle van hul kerkfamilie verskil en nie bereid is om die pad saam te stap nie. Verstaan ons dan steeds nie iets van die liefdevolle hart van Christus, of iets van die versoenende uitreik van die 2019 en 2023 besluite nie? Is daar dan geen ruimte nie?
Soos met die APK se afstigting in die 80’s bring hierdie skrywe van die Namibiese kerk ons ook nerens nie, behalwe om die kerk van Christus verder te verskeur. Hieroor treur ek ten diepste.
Wie skeur weg, die een wat vasstaan in die Woord of die een wat alternatiewe daarstel om almal te akkommodeer?