Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leon Foot skryf: Jacobsdal sal moet verduidelik

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Leon M Foot van Welkom skryf: Jacobsdal se brief “Gemeente reageer op Algemene Sinode 2023 se besluite” vra vir ‘n verduideliking, want dit waarop hulle so sterk reageer, is nie die waarheid nie.

Hulle “verwerp enige goedkeuring van aborsie”. Na watter besluit verwys hulle? Daar was geen sodanige besluit oor aborsie nie. Net om ekstra seker te maak distansieer hulle hulleself ook oor enige toekomstige besluit van die AS hieroor. Hoe doen jy dit as jy nie weet hoe sodanige besluit sal lui nie?

LEES OOK: Gemeente reageer op Algemene Sinode 2023 se besluite

Hulle verklaar dat geen besluit van die AS op die “kerkraad en gemeente afgedwing” sal word nie. En dan verwys hulle na SGV. Het hulle die 2019 besluit gelees? Dit staan tog pertinent daar dat kerkrade self hieroor kan besluit. Daar is geen sprake van dwang nie. – (Brief verkort – Red).

LEES OOK: Kerkbode-beriggewing oor die Algemene Sinode 

LEES OOK: Besluite van die Algemene Sinode 2023

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “Leon Foot skryf: Jacobsdal sal moet verduidelik”

Comments are closed.

Scroll to Top