Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
FEBA Radio SA in Pretoria het ’n onmiddellike vakature in Pretoria vir ’n Afrika-koördineerder met basiese digitale bemarkingsvaardighede.
Tegniese vaardighede
- Vlot in Afrikaans en Engels.
- Bereid om in Afrika te reis vir ’n week-plus per geleentheid.
- Teologiese kwalifikasie sal voorrang geniet.
- Goeie algemene kommunikasievaardighede. Moet FEBA aanbiedings / spreekgeleenthede kan waarneem by verskillende denominasies op sekere Sondae.
- Basiese bestuurservaring – veral multi-kultureel ’n aanbeveling.
- Ervaring van basiese sosiale media- en digitale bemarking.
- Basiese grafiese ontwerp ’n aanbeveling – genoegsaam om plasings op sosiale media te doen met bv. Adobe Suite en Canva.
- Basiese ervaring van die stuur van grootmaat e-posse met bv. Mailchimp, asook die gebruik van grootmaat sms’e.
- Kennis van databasisse ’n aanbeveling.
- Enige ander kantoorwerk soos deur situasie bepaal.
Persoonlike kwaliteite
- ’n Passie vir sending en evangelisasie ’n vereiste.
- B graad, diploma of sertifikate in enige van die bogenoemde areas.
- Baie goeie gesondheid.
- Vinnige leerder, goeie bestuurs- en beplanningsvaardighede, selfgemotiveerd.
- Uitstekende interpersoonlike vaardighede en goeie spanspeler met positiewe energie en houding.
- Hulp met enige take soos nodig in spanverband.
- Moet ’n aktiewe Christen wees met ’n passie vir evangelisasie en die werk van God se koninkryk.
- Ouderdom: 30-50 jaar.
Salaris bepaal deur aansoeker se kwalifikasies en ondervinding.
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2024.
CV na: jvermeulen@febaradio.co.za Web: www.febaradio.co.za
Sien ook: FEBA Radio SA: Administratiewe persoon
Geborg
