Watter tendense moet ’n mens sien in die nuwe korps leraars van die NG Kerk? Terwyl die aantal gesigte in Kerkbode se Proponentebylaag oor die jare fluktueer, groei die persentasie vroue deurlopend.
Só verduidelik prof Cobus van Wyngaard, die voorsitter van die Taakspan Navorsing. Sedert 2005 is ongeveer ’n derde van gelegitimeerdes vroue, volgens Van Wyngaard. Vanaf 2014 klim daardie persentasie tot rondom 40%.
LEES OOK: Kuratorium van die Vrystaat: Ontmoet die klas van 2024
LEES OOK: Beroepbare proponente en diensleraars: Ontmoet UP se klas van 2024
Wat die totale grootte van die proponentekorps betref, sê Van Wyngaard die stand van sake wissel na gelang van watter teologiese bane (leraars en/of diensleraars) ’n mens by ’n berekening insluit. “As ons diensleraars uitsluit, dan is ons tans (2021-2023) op ’n laagtepunt in terme van die aantal leraars wat gelegitimeer word. Sodra ons egter diensleraars byvoeg, dan lyk die prentjie heeltemal anders. Ons legitimeer gesamentlik 40 leraars en diensleraars (in dieselfde tydperk).”
Uit die argief (2023): ‘Dié grafiek help om besluite te neem’ – Navorser oor tendense met vermindering van voltydse poste
Ons kommentaarbeleid
Lesersbydraes word goedgekeur voor dit verskyn en wel op grond van ons algemene gespreksriglyne wat kortweg as volg opgesom kan word: Meer lig as hitte. Verwag 'n vertraging tussen die instuur van jou kommentaar en die verskyning daarvan.