Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

As ons as dissipels van Christus funksioneer, sal ons weer die klanke hoor van Handelinge 5:13: “… die volk (het) hoë agting vir hulle gehad”.

Brief: Die goddelike plan: om die wêreld te verlos

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Philip Coetzee van die Strand skryf: Ek lees onlangs Willem Louw se brief op 5 November 2025 oor “die kritiek teen die Groote Kerk” waar hy verklaar dat: “Sy (Jesus se) arrestasie en kruisiging was nie toevallige godsdienstige vervolging of die volbringing van profesie nie, maar ’n polities-gemotiveerde poging om ’n rebel stil te maak.” Kom ons kyk na die groter Godsbegrip oor hierdie kwessie: Die kruisiging van Jesus was nie ’n menslike sameloop van omstandighede of ’n politieke komplot nie, maar die uitvoering van God se ewige plan om die wêreld te red. Elke gebeurtenis – van Jesus se verraad tot sy dood en opstanding – het volgens God se besluit plaasgevind.

LEES OOK: Oor geleentheid by Groote Kerk: ‘Liturgiese ruimte behoort aan God alleen’

Jesus self het vooruit gesê dat Hy sou ly, verwerp en gedood word, maar op die derde dag sou opstaan (Luk 9:22). Petrus bevestig later dat, al het mense uit eie boosheid opgetree, dit alles deel van God se vasgestelde besluit en voorkennis was (Hand 2:23).

Selfs die dade van Judas, Pilatus en die soldate was nie toevallig nie – dit het alles bygedra tot die vervulling van die profesieë, soos Jesaja 53 voorspel het. Só wys die Skrif dat die kruisiging nie ’n mensgemaakte tragedie was nie, maar die volmaakte uitvoering van God se verlossingsplan vir die mensdom. Dus, nie ’n mensgevormde inisiatief nie, maar ’n plan binne die raamwerk van God se reddingsvisie vir hulle wat glo en Jesus volg. Daarom moet ons versigtig wees om dit wat in die kerk gebeur, saamaanbidding ensovoorts, te gebruik om gelykvormigheid in die kerk te bewerkstellig (Rom 12:2-3; 2 Kor 6:14).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top