Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief | Groote Kerk: ‘Dit lyk vir my na Jodehaat’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Willem de Haan van Welgemoed skryf: In die November-uitgawe (2025) van die gedrukte weergawe van Kerkbode (sien onderaan die brief – Red) verskyn daar ‘n paar foto’s asook verskeie briefskrywers se menings omtrent die gebeure by die Groote Kerk in Adderleystraat.

LEES OOK: Hoe lyk balans in die kerk se spreke oor die politiek? Stilbly kan ons nie … maar gemaklik wees met die wêreld se gruwels nog minder

Ek is nie ‘n lid van die NG Kerk nie en bekommer my dus nie veel oor wat daar aangaan nie, maar ek steur my wel aan die gebeure in Israel en wat in die hele wereld aangaan.

Wat my omtrent die geleentheid opgeval het was die duidelike anti-Semitisme, die ou Jodehaat, wat daar te siene was.

LEES OOK: Kaapse gemeente poog om solidariteit te toon deur gasheer te speel vir Francesca Albanese in brandpuntgesprek oor Israel en Gasa

Die bewering van ‘n volksmoord is ‘n duidelik bewysbare leuen wat deur enigiemand met kennis van die feite aangetoon kan word, maar wat deur die Palestyne versprei is en deur liggelowiges as evangelie aanvaar word.  

Maar dit word in groot letters in die kerk versprei.

Die predikant dra ‘n Palestynse nekdoekie en skree Free Palestine! Weet hy wat dit beteken? Weet hy wat die Hamas-terroriste daarmee bedoel?  Indien wel, stem hy saam dat Israel, uitgeroei moet word sodat die hele gebied tussen die Jordaan en die Middellandse see deur die sogenaamde Palestyne (Arabiere) beset word – wat die doel van Hamas se aanval op 7 Oktober 2023 was? Want dit is die volledige slagspreuk is “From the river to the sea, Palestine shall be free!”

Allan Boesak het ‘n boycott van Israel bepleit en (die gasspreker Francesca) Albanese word deur haar eie regering as ‘n verklaarde anti-Israel aktivis beskou!

Dit was duidelik ‘n anti-Israel vergadering wat niks te doen gehad het met lyding van die Gasa-inwoners nie.

Dit is tog jammer dat ‘n sogenaamde Christelike kerk in die jaar 2025 voortgaan om die Jodehaat wat 1 000 jaar gelede deur die kerk versprei is te herhaal.

Hierdie siekte het destyds deur die hele Europa en die Ooste versprei – lees maar The Merchant of Venice (Shakespeare) en Ivanhoe (Walter Scott) en luister weer na Fiddler on the Roof om te weet hoe lank en hoe ver dit versprei was.

Meer onlangs het Hitler dit in Duitsland versprei en was die heer Mosely in Engeland en die NSB in Nederland en die Gryshemde hier sy volgelinge. 

Die anti-Semitisme het nog nooit verdwyn nie – dit was steeds daar en nou staan dit weer oral op.

In Australië was daar onlangs ‘n massamoord gepleeg waartydens tientalle Jode gedood en gewond is.  ‘n Uitbarsting van Jodehaat.

Het die NG Kerk hom daarteen uitgespreek en die Jodehaat veroordeel?

Dit is ‘n skande dat die NG Kerk hom laat kaap het deur Anti-Israel aktiviste om ‘n spreekbuis vir Jodehaat te word.


28 November 2025

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top