Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Peiling: Grootste uitdaging vir die kerk?

Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.

Die volgende vergadering van die Algemene Sinode (6-11 Oktober 2019) gaan binnekort nadink oor die rol en roeping van die kerk. Ons wil graag jou stem hieroor hoor. Vandeesweek is die laaste vraag in die reeks peilings. Die vraag gaan oor die grootste uitdaging vir die kerk in terme van die institusionele vorm en funksie. Dink aan sake soos die kerklike strukture en besluitneming, die  beeld van die kerk (“branding”), die belang van die NG denominasie vir gedeelde identiteit en beweegruimte van gemeentes.

Neem gerus deel by die peiling onderaan hierdie plasing en klik op die webskakels hieronder vir die vyf vorige peilings in hierdie reeks.

Peiling 1: Wat is die belangrikste eksterne veranderinge en uitdagings wat die NG Kerk moet hanteer?

Peiling 2: Wat is die grootste interne uitdagings wat die kerk moet hanteer?

Peiling 3: Hoe sien jy die roeping van die kerk in die samelewing?

Peiling 4: Wat is die belangrikste prioriteite en uitdagings vir die kerk se bediening aan en deur sy lidmate?

Peiling 5: Hoe lyk die kerk se toekomstige teologiese rigting?

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top