Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

PODSENDING | Oor uitbranding en hoe om jou gedagtes te ‘bevriend’

Soms is die dat en wat van ’n storie byna ewe belangrik of beduidend: Dat iemand aan die begín van sy / haar loopbaan reeds oor uitbranding dink, is byna net so beduidend as presies wat hy / sy daaroor navors, nie waar nie?

Ek sal my hier op Carl Jung beroep wat iets soortgelyk in ’n ander konteks gesê het nadat hy in die 1920’s ’n streek van Oos-Afrika besoek het wat soms deur besoekers die Switserland van Uganda genoem word. Mount Elgon om spesifiek te wees. Daar het die sielkundige onder meer ’n oggendritueel deur lede van ’n plaaslike stam teen die berghang waargeneem en bestudeer. Toe hy uitvra na besonderhede van die betrokke praktyk was die antwoord dat dit eenvoudig is hoe dinge nog altyd gedoen word … Een van Jung se gevolgtrekkings hieruit was juis dit: Die hoë relevansie van die dat wanneer dit by rituele kom – in teenstelling met ’n uitsluitlike fokus op die wat van aksies.

So terug by die 25-jarige dominee wat pas sy gemeentejaar op Bredasdorp voltooi het en reeds einde 2021 sy skripsie ingedien het aan die Universiteit Stellenbosch. Dit gaan oor uitbranding onder dominees. “Hoe jy uitbranding kan verhoed deur jou denkpatrone,” verduidelik Pieter Nel toe ons onlangs ontmoet vir die opname van ’n podsending wat lesers op Kerkbode se webblad kan luister. “Dit het my nog altyd geïnteresseer: Hoekom dink mense soos hulle dink?” vertel Nel. Sy navorsing (dit val onder pastoraat in teologiese vaktaal) gaan oor die eenvoudige vraag: Hoe kan ons denke ons vriend wees en nie ons vyand nie? som hy dit op. In die podsending praat ons oor Nel se eie pogings om sy denke te “bevriend”, maar hoor ook sy hoop om ander in die bediening te help: “Ek is baie besorgd oor ander kollegas,” sê hy. Die aanwending van sy navorsing is vir diegene wat voel “die lewe gebeur te veel met hulle”.

Dat hy aanvoel dit is ’n (brandende) kwessie in ons tyd; asook wat hy daaroor te sê het is ’n oplet en ’n luister werd.

LEES OOK: Ontmoet die klas van 2022 | Proponentebylaag

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top