Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

2015 gaan te ver

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Piet Otto van Griekwastad skryf:

Na aanleiding van my inleidende artikel in die gay-debat (Kerkbode, 23 Januarie) en die kritiek daarop (Kerkbode, 5 Februarie en Kerkbode, 5 Februarie) lewer ek graag repliek:

Tot en met die 2013-besluit van die Algemene Sinode was die kerk tevrede dat sy groei in die verstaan van die gay-issues Skriftuurlik begelei is.

Die 2015-besluit gaan egter verder as wat die Skrif ons lei. Deur die bril van die “Rasionalisme” op te sit word ’n tipe Skrifuitleg moontlik gemaak wat die betroubaarheid en gesagvolheid van die Skrif ondermyn.

Chris van Wyk in sy brief dui dit tereg aan as “eksegeties aanvegbaar”. Die historiese opkoms van die rasionalisme is bekende kerkgeskiedenis, nie uitlatings oor mense nie. As teoloog behoort André Smuts dit te weet, ongeag sy persoonlike oortuigings.

Koot Bosman sê dat hy beide my en André Bartlett se sieninge as “geldige Bybelsgefundeerde standpunte” beskou. Dit is egter ’n saak van logika dat beide posisies nie tegelykertyd waar kan wees nie. Gay-verbintenisse kan nie terselfdertyd deur God bevestig én verwerp word nie.

Koot voel waarskynlik so iets aan en kies dan vir André se “liefdesvergifnis”-beginsel nadat hy besluit het dat ek die mense “skynbaar Bybels verdoem” en hulle menswees as “boos verdoem”. Iets wat ek nooit gesê het nie en ook nie glo nie. Nog die Bybel nog ek verdoem die gay persoon. Dit gaan oor gay-verhou­dings en gay-verbintenisse (huwelike) wat strydig is met God se Woord.

Ek waardeer Henk Gous se standpunt dat ons die etikette maar kan los asook sy instemming dat die Skrif betroubaar spreek omdat dit ons normata normans is.

Dit raak egter problematies as hy dan tog die (voorlopige!) wetenskaplike bevindinge oor die fisiologiese begronding van homoseksualiteit wil gebruik om gay-verbintenisse (huwelike) te wil regverdig. Ek dink daar skort iets gevaarliks in sy verbandlegging wat ek graag wil glo in eerlike gesprekvoering opgelos kan word.


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top