PEILING: Hoe maak jy sin van gebeure?

Met die vraelys hieronder wil die Taakspan Navorsing van die Algemene Sinode uitvind hoe lidmate van die NG Kerk sosiale afsperring beleef.

Die doel met hierdie peiling – die tweede in ’n reeks –  is om inligting bymekaar te maak wat gemeentes kan help met hulle bediening in hierdie tyd. Kerkbode publiseer die vraelys om lesers die geleentheid te gee om deel te neem aan die peiling. Die data sal deur die taakspan verwerk en aan gemeentes beskikbaar gemaak word. Ons sal ook oor die uitkoms van die peilings in Kerkbode berig. – Red.