“Dit wat ons bely, gee aan ons identiteit … wat ons sáám bely,” verduidelik ds Nelis Janse van Rensburg hier in gesprek met Ds Heerden van Niekerk, die voorsitter van die Taakspan Leer en Aktuele Sake.
Meer oor hierdie videoreeks: Die dagbestuur van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) het ’n reeks van meer as 13 video’s gemaak waarin lede van die Moderamen, asook dosente van die NG Kerk aan die ekumeniese fakulteite bydraes lewer onder die tema: So glo, leer en getuig ons.
Die gesprek gaan oor die NG Kerk se oortuigings, praktyke en prosedures, volgens ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die ASM. “(Ons) vertrou dat die video’s benut sal word deur leraars en kerkrade om die NG Kerk se standpunte te belig, te bespreek en perspektief te bied waar dit nodig is,” het Janse van Rensburg gesê.
Die videos klink mooi, maar
a. In die praktyk word die teenoorgestelde gesien.
• Daar word nie na ander geluister nie
• Die belydenis word nie toegepas nie – di. glo wat hul wil ens. sonder enige tug.
• Die belydenisskrifte word erken, maar geignoreer by besluitneming.
b. Die videos is moontlik gemaak om “onsekerhede by lidmate” aan te spreek
• Mooontlik is dit bedoel vir dolerende gemeentes
• Die probleem is dat dit waarmee geworstel word, nie direk aangespreek word nie. Mooi getuienisse sonder om die probleem aan te spreek
Ek kry die indruk dat dit nie werklik gaan om die probleem aan te spreek nie, maar eerder skade aan die “beeld” beperk wil word