Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Jan Lubbe, die nuutverkose voorsitter van die moderamen van die NG Kerk Vrystaat, werp in die video hieronder lig op wat binne die sinodesaal (foto hierbo) in Bloemfontein aan die gang is, waar sowat 300 afgevaardigdes vir drie dae (8-10 Maart) saamtrek om oor ’n verskeidenheid onderwerpe – waaronder SGV – te praat. Video: Robert Cable

VIDEO: ‘Die uitdaging is om vars te luister’ – Jan Lubbe

Nog ’n sinode, nog ’n gesprek oor selfdegeslagverhoudings (SGV) … Ds Jan Lubbe gee toe dat enige kerk die gevaar loop om irrelevant te raak deur wiele van besluitneming wat baie stadig draai.

Maar die nuutverkose voorsitter van die moderamen van die NG Kerk Vrystaat, werp ook nuwe lig op wat binne die sinodesaal in Bloemfontein aan die gang is, waar sowat 300 afgevaardigdes vir drie dae (8-10 Maart) saamtrek om oor ’n verskeidenheid onderwerpe – waaronder SGV – te praat.

“Kyk, ek dink daar is altyd iets nuuts. Daar is vordering. Waarskynlik gebeur dit in kerke baie stadig,” sê Lubbe. “As ’n mens nou dink aan gesprekke wat in die verlede gevoer is … As jy dink wat met die teologie van apartheid gebeur het, dat dit uiteindelik twee, drie dekades geneem het om oor daai brug te kom, net om (met) ’n amptelike standpunt te sê: Ons kan nie dit doen nie, ons stap weg hiervan,” verduidelik Lubbe.

 

Hy voeg by: “Wat ’n mens ook agterkom … is dit is dikwels generasies. Byvoorbeeld, as jy praat oor die Skrif is dit ’n vraag wat elke generasie sal moet antwoord. So, ek wil amper sê, in elke twee drie sinodes kan jy verwag dat daar weer gevra word: Hoe lees ons die Bybel? Wat is die bril waardeur ons lees? En dit kom dikwels deur so ’n etiese saak, soos in hierdie geval nou selfdegeslagverhoudings. Die uitdaging is, in so ’n vergadering, om vars te luister: Wat gebeur in ons konteks en waartoe roep die Here ons nou?”

Lees ook: NG Kerk Vrystaat hou sinode: Dag 1

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top