Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Henrietta Klaasing skryf: Bly getrou aan die ware evangelie

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Gerhard Mahne en Dawie de Wet se briewe (25:10) het betrekking.

Wat maak ons te midde van die meesleurende stroom van die postmoderne kultuur van die dag? Hoe tree gelowiges op midde-in die strominge van postmodernisme? Hoe gemaak met ’n “ander evangelie” en ’n “ander Jesus” wat voorgehou word?

Daar word vertel dat Jesus se lewe baie belangriker is as die leer oor Hom. Jesus is nie die Een wat ons van ons sonde kom verlos het nie, Hy was eerder iemand wat sosiale geregtigheid laat geskied het en wat naasteliefde aan alle mense bewys het. Daarom vervaag begrippe soos hemel en hel. Die leer oor sonde het geen plek nie. Hel is waar daar die uiterste nood en ellende op aarde is (armoede, ellende, onreg ensomeer), en hemel is waar die kerk hierdie toedrag van sake met mag en mening beveg.

LEES OOK: Nadia Marais | Die geskenk van versoening

As ’n mens die sondeval en verlossingswerk van Jesus wegvat dan bly jy oor met ’n Jesus wat baie dieselfde is as Buddha, Gandhi en Gift of the Givers (almal help armes, almal is ’n goeie voorbeeld van hoe om goed te lewe en ’n mens kan by hulle almal leer hoe om “god” te beleef).

Die hooftemas in die Bybel is sonde, verlossing deur Jesus Christus alleen en ’n lewe van dankbaarheid. Daar mag onsekerheid oor sommige sake in die Skrif bestaan, maar oor hierdie hooftemas is daar geen twyfel nie.

Gelowiges het ’n keuse: Gaan saam met hierdie postmoderne kultuur-van-die-dag-stroom of leef die kultuur van die Handelingekerk uit – hulle het nie teruggedeins vir die uitdaging om die waarheid in ’n vyandige omgewing te verkondig nie. Hulle het ’n verskil gemaak binne die kultuur van hulle dag deur getrou te bly aan die ware evangelie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top