Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dawie de Wet skryf: Die kernprobleem in die NG Kerk

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dawie de Wet van Wilowmore skryf: Die afgelope sinodesitting van die NG Kerk in die Vrystaat het weereens die skerp verdelingslyne in die kerk blootgelê maar weer die kernprobleem misgekyk: Die belydenis wat elke predikant met legitimasie onderteken – die ooreenkoms wat verseker dat almal dieselfde glo.

Prof PA Verhoef het besef dat daar van hierdie belydenis afgewyk word en dat dit oogluikend toegelaat word. Reeds op 18 Mei 2001 skryf hy in Die Kerkbode: “Die eenstemmigheid wat daar was oor die Bybel het verbrokkel. ’n Ander sienswyse en oortuiging het in die NG Kerk posgevat en die keuse is: Of die belydenisgrondslag moet verwerp word, of dit sal met leertug gehandhaaf moet word.”

LEES OOK: NG Kerk Vrystaat: ‘Ons tree in gesprek met Algemene Sinode’ – Jan Lubbe

Die kerk bely dit amptelik (NGB Art 1-7) dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is. Maar talle leraars glo dit nie en verstaan die Bybel kwasi-wetenskaplik in die lig van die wêreldvisie van sosiale geregtigheid. Die skokkende werklikheid is dat leraars sonder gewetenswroeging strydig met die Bybel en hulle legitimasie-eed optree en dit niemand hinder nie. Wie kan so ’n kerk ernstig opneem?

Die stuk of 100 dolerende gemeentes treur juis oor hierdie situasie in die kerk. Ons wil nie van die kerk wegskeur nie, ons wil hê dat die kerk moet teruggekeer na dit wat bely word en waaraan alle gelegitimeerdes met ’n eed verbind verbind is.

Die voorgenome “Koinonia Sinode” bring hierdie dolerende gemeentes bymekaar om almal wat aan die belydenis en die Woord wil vashou, te ondersteun en te versterk – en die kerk terug by die Belydenis te kry.

LEES OOK: NG Kerk Vrystaat | Ses opsies vir leiers en lidmate in Bloem wat vandag wil bepaal hoe los of vas dié streeksinode van die Algemene Sinode wil staan

Daar is net twee godsdienste in die wêreld. Die een sê die mens is verlore en kan niks self daaraan doen nie. Die enigste redding is om te glo dat Jesus Christus vir jou sondes met sy lewe aan die kruis betaal en met sy opstanding die dood oorwin het. Dit is ons amptelike belydenis.

Die ander godsdiens sê ’n mens moet allerhande dinge doen – elke groep het sy eie stel vereistes – om jou saligheid te verdien. Alle wêreldgodsdienste pas hierin. Die huidige wêreldvisie van sosiale geregtigheid plaas geweldige druk op alle Christelike kerke om hierby in te val. Dit is ook eenvoudig: vergeet van die “mites” van Jesus se kruis en opstanding en volg net Jesus se voorbeeld van liefdesdiens.

Dít is wat die Koinonia Sinode in die NG Kerk wil verhoed.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top