Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Diaconia, in samewerking met Badisa, beplan 'n Barmhartigheidsindaba by Stellenberg-gemeente op Woensdag 30 Augustus 2023 om oor daadwerklike aksie te besin. “Tydens die indaba staan kinders in die kollig en praat ons spesifiek hoe gemeentes te midde van hierdie baie presiese en soms komplekse werksomgewing kan aansluit by plaaslike Badisa programme se liefdesdiens," volgens ds. Nioma Venter.

Elders gesien: ‘42% van Suid-Afrikaanse kinders word aan vorm van geweld blootgestel’

Tot 42% van Suid-Afrikaanse kinders word aan ‘n vorm van geweld blootgestel, volgens Basie van Wyk, hoof uitvoerende beampte van Badisa. Wat kan kerk en gemeentes vanuit hul plaaslike barmhartigheidsbedieninge doen omtrent kinderverwaarlosing en -mishandeling?

Kinderbeskerming en die sogenaamde “statutêre ingrypings” is nie noodwendig net die werksterrein van Badisa nie. Die fokus van vanjaar se Barmhartigheidsmaand 2023 (Augustus) help gemeentes om die horisonne van hierdie diakonale roeping en  werksterrein te verken, luidens ‘n mediavrystelling deur Kaapkerk-kommunikasie.

Die verklaring lui: “Augustusmaand word gebruiklik gewy aan ’n fokus op die diakonale wese en aard van die kerk van Christus op aarde. Diaconia, die eenheidsbediening van die Wes-Kaap Sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika en die Verenigde Gereformeerde Kerk se Kaapland Sinode neem leiding om die teologiese raamwerk en fokus vir die diakonaat te skep en gemeentes in bedieningspraktyke te ondersteun.

LEES OOK: Kerke in stukkende gemeenskappe: ‘Ons kan regtig nie meer net praat nie’ – Nioma Venter

Ds. Nioma Venter van Diaconia verduidelik dat hierdie werksaamhede nêrens anders begin as by wie God self is nie, en die feit dat Hy ons innooi as medewerkers, daar waar Hy reeds aan die werk is. Só is dit dan ook waar die geringstes, soos kinders in nood, bedreig word, dat God se binneste in beroering kom. Die Griekse vertaling van die woord ‘barmhartigheid’ in die Nuwe Testament beteken letterlik dat Jesus se binneste in beroering kom wanneer Hy mense in nood teëkom. Die omstandighede van kinders in Suid-Afrika, bring ons binneste in beroering!” sê sy.

LEES OOK: ‘Drankverslawing is onlogies, onverstaanbaar, crazy’ sê nuwe boek oor die voorkombare verwoesting van alkoholafhanklikheid

Diaconia, in samewerking met Badisa, beplan ‘n Barmhartigheidsindaba by Stellenberg-gemeente op Woensdag 30 Augustus 2023 om oor daadwerklike aksie te besin. Gemeentes kan solank die datum aanteken en bedieningsleiers identifiseer om in hierdie gesprek te kom deel.

Volgens ds. Nioma Venter beteken statutêre dienste nié dat gemeentes uitgesluit is nie. Sy verduidelik: “Tydens die indaba staan kinders in die kollig en praat ons spesifiek hoe gemeentes te midde van hierdie baie presiese en soms komplekse werksomgewing kan aansluit by plaaslike Badisa programme se liefdesdiens. Daar is byvoorbeeld pleegouerskap en korttermyn veilige huise waarin gemeentes ‘n krities belangrike onderskragingsrol kan speel.”

Diaconia se fokus is om ‘n wyer bewusmaking en dieper verstaan van diakonaat aan te moedig. Praktiese werkswyse in die dag en tyd wat ons leef, kyk veral na die versterking en ontwikkeling van netwerke om ‘n kollektiewe impak te maak. Die verhouding met Badisa en soortgelyke doelbewuste interdissiplinêre samewerking is van kardinale belang. Die diakonaat het ’n besliste evangelisasie komponent. Dit is juis wat die betrokkenheid van die kerk so uniek maak; dit is nie maar net liefdadigheid nie, maar ’n doelbewus uitreik om Hoop te verkondig.

LEES OOK: Om ’n kind ’n kans te gee – Só help Little Seeds se storievertellers dat kinders met agterstande kan floreer

Oor Diaconia se ondersteuningsrol in die algemeen, sê Venter as volg: “Ons visie is om as brugbouers tussen gemeentes en gemeenskappe te dien. Ons voer nie projekte namens gemeentes uit nie, maar is daar om plaaslike gemeentes se diakonale roeping en inisiatiewe te ondersteun. Ons daag ook gemeentes se verbeelding uit, soos byvoorbeeld toe die algemene sinodes van die twee kerke in 2015 vroeëkindontwikkeling (VKO) as die mees effektiewe sistemiese ingryping in armoede identifiseer het. In die Wes-Kaap het Little Seeds tot stand gekom en werk gemeentes en Badisa-programme tans langs mekaar in die verband. Hoewel daar baie aandag aan die mobilisering van gemeentes se betrokkenheid by VKO gegee word, is dit nie die enigste saak waarop Diaconia fokus nie. Vanjaar se kinderbeskermingsfokus sluit aan, maar lê inderdaad op ’n ander intervensievlak as VKO.”

Vir deurlopende nuus, ’n liturgie vir Barmhartigheidsondag en kort videos wat in eredienste gebruik kan word tydens Barmhartigheidsmaand, volg

op die verskillende sosiale media platforms.


  • Bron: https://kaapkerk.co.za/ via skakelbeampte.
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
  • Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is.

 

 

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top