Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Skryf vir ons: Wat het Algemene Sinode 2023 jou geleer?


Was jy ’n afgevaardgide by die Algemene Sinode 2023? Wat is dit wat jy met die diepste luister gehoor het? Of het jy sedert die vergadering op 20 Oktober verdaag het, gaan luister na iemand wat by jou gemeente terugvoer oor die geleentheid gegee het? 

Kerkbode nooi jou uit in die kommentaar-afdeling hieronder jou indrukke en / of terugvoer met lesers te deel. 

Natuurlik is jy vry om ook op ander se bydraes te reageer (lees ons gespreksriglyne HIER), maar die uitnodiging is veral gerig op om mense wat uit eie ervaring wil praat.


Lees al Kerkbode se verslaggewing oor die Algemene Sinode HIER.

Lees amptelike besluite van die sinode HIER.

 


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

2 thoughts on “Skryf vir ons: Wat het Algemene Sinode 2023 jou geleer?”

  1. Frederick Marais

    Waarvan moet ons kennis neem na aanleiding van die Algemene Sinode 2023 se vergadering? Hierdie is ’n mengsel van besluite en waarnemings wat uit die aard van die saak persoonlike waarnemings is
    1. Die NGK kies om ’n ruim huis te wees wat ’n diversiteit van stemme en standpunte huisves wat in gesprek bly met mekaar. 2015, 2016, 2019 en 2023 se sinodes toon ‘n duidelike groei in die rigting
    2. Dit is duidelik dat die NGK ‘n kerk wil wees wat beliggaamd insluitend wil wees- oop tafel metafoor.
    3. Ons begin verstaan dat ‘n diversiteit van sieninge nie negatief is nie maar positief is mits…
    (Die kerk as ruimte vir gesprek en dialoog te midde van groeiende komplekse samelewings uitdagings- ekologie, gender, ras en versoening, seksualiteit, herstellende geregtigheid- is beter as ‘n kerk met “standpunte” (lees aktivisme) sonder gesprek)
    4. Ons leer om in egte gesprek in dialoog menings te weeg en nie vanuit debat mekaar te probeer wen nie. (Egte gesprek is ‘n benadering tot etiese onderskeiding wat ontwikkel is deur Lees en Aktuele sake en kom van prof Hennie Rossouw) In kerklike taal- duidelik oor belydenis en oop en verkennend as dit kom by etiese kompleksiteite.
    5. Gemeentes wat sterk assosieer met ‘n missionale roeping groei, terwyl gemeentes wat fokus op instandhouding krimp
    6. Spiritualiteit- geïntegreerd en beliggaamd- speel ‘n toenemende rol in die besluitnemingsprosesse van die kerk- skuif weg van bestuursmatig besluitneming en leierskap. Kerk as gebedshuis met verwondering en ruimte vir misterie en die inwerking van die Gees. Die kerk is in ‘n generasie oorgang waar bg generasie oorgee aan ‘n jonger generasie- dit is pynlik vir die ouer generasie wat in hulle leeftyd baie verliese van mag en invloed beleef het en daarom geneig sal wees om te lank vas te klou magsposisies.
    7. Geloof vorming as ‘n lewenslange reis met gemeentes wat roete merkers saam met die lidmate vier het baie aandag gekry.
    8. Gemeentes wat doleer, en sterk uitkom vir ‘n geslote standpunt oor selfde geslag verhoudings, krimp meer as “oop” gemeentes. 75% predikante in die kerk is gemaklik met besluite wat keuse gee aan gemeentes in hierdie verband.
    9. Skerp kritiek op die “ruim huis” kom hoofsaaklik vanuit ouer mans wat blootstelling gehad het aan die oorlog (hulle gebruik ook dikwels militêre metafore om hulleself uit te druk. Die onderdrukte trauma is mi duidelik. Vroue word al hoe meer deel van die leierskap van sinodes. Die taalhuis hier is- sterk leierskap, net een standpunt kan werk, standpunte gebaseer op Bybel tekste, veglustige teenstand teen ander Godsdienste. Net spyte van baie groot media dekking voor die sinode kon hierdie benadering nie veld wen in die sinode nie, maar het eerder veld verloor.

    10. Leierskap wat lidmate begelei op ‘n verdiepte pad van die ontdekking van hulle roeping en hulle bemagtig om hulle roeping uit te leef in die samelewing is ‘n beduidende faktor by gemeentes wat groei
    11. Daar is ‘n duidelike groei dat die NGK se gemeentes ‘n beduidende rol speel in die herstel van SA te midde van groeiende bewussyn van staat wat ons faal (failed state) – sien ook Dana Snyman se program Grondpad Geloof.
    12. Baie klem is geplaas op die ontwikkeling van plaaslike netwerke (radical collaboration ) wat in die publieke lewe hande vat om te herstel en te bou.
    13. Laaste persoonlike nota: die kerk behoort te oriënteer aan die toekoms en nie aan die verlede alleen nie.

  2. Dubois du Toit van Kestell

    Die skrywe van dr Frederik Marais (1 Nov 2023) verwys. Wat leer Behoudendes uit sy persoonlike waarnemings van die Algemene Sinode?
    1. ‘n Meerderheid van ‘n minderheid (75% van ± 400 AS gangers) se keuses itv ‘n ruim-huis is nie vanselfsprekend meer as ‘n halfmiljoen NG lidmate se keuses nie. Die eerste ruimhuis was toe satan vir Eva ‘n alternatief tot God se een waarheid kom bied het
    2. God laat nerens ‘n diversiteit van sieninge toe nie – nie in die woestyn nie, nie olv die konings nie, nie Jesus teenoor vals godsdiensleiers nie, en nie Paulus en ander apostels nie
    3. Egte gesprek vind slegs plaas olv die Heilige Gees (Joh 16:7-14). Altyd in liefde, maar net die inwonende Gees van waarheid beskik oor daardie liefde. Etiese onderskeiding kan nie ontwikkel word deur ATLAS of ‘n geleerde teoloog nie
    4. Slegs God voeg mense by Jesus se kerk, nie ons eie pogings tot missionale groei nie. Die stelling impliseer dat Gereformeerde gemeentes wat fokus op die evangelie krimp. Die kerk roep mense eerstens op tot bekering – Johannes die Doper, Jesus, Petrus op Pinksterdag en die kerk sedert daardie tyd. Dan, olv die Heilige Gees sal gelowiges deur hul goeie werke getuig van Jesus se verlossing.
    5. Die skrywer se ware gevoelens oor Behoudendes skemer deur as hy verwys na die tipe bestuur van mag waaraan die ouer generasie wil vasklou. Maar behoudendes neem juis standpunt in teen magsvegrype van die AS en ASM vanuit ‘n Netwerk sonder ‘n magsposisie. Die KS/KN het nie ‘n Moderamen nie, maar ‘n Diensgroep wat die kerk dien. Die KSDG se bestuurstyl is nie voorskriftelik nie, maar bemagtigend – elke gemeente is “Ekklesia Completa”.
    6. Die skrywer meet die gemeentegroei van behoudendes aan hulle standpunt teen SGV (waar kry hy die statistiek, of stel hy ‘n strooipop op en skiet dit weer af?) Hy noem ‘n syfer van 75% “predikante” wat “gemaklik” is met die besluit om keuses te gee aan gemeentes (waar kry hy die statistiek?). Verwys hy na die AS se besluit wat ‘n ope stemming was sonder telling wat die 2019 SGV besluit gehandhaaf het?
    7. Die skrywer gebruik liefdelose woorde wat grens aan haatspraak en valse etikettering, sonder respek vir die ander in die ruim-huis, as hy verwys na “ouer mans wat blootstelling gehad het aan die oorlog en militêre metafore gebruik”. Watter metafore? Hy speel Pastorale sielkundige deur sonder konsultasie, al die “ou mans” te diagnoseer. Daar is twee vrouens op KS se bestuur, asook leraars tussen 30 tot 60 jaar. Dit is weereens ‘n strooipop wat hy opstel en afskiet. Hy kritiseer behoudendes vir hul standpunte wat gebaseer is op Bybeltekste. Waarop moet die NG kerk dan haar standpunte baseer? Wat beteken veglustige teenstand teen ander godsdienste? Wat sê die eerste gebod van die Tien Gebooie in die Bybel? Hy skryf vanuit ‘n posisie van triomfantalisme oor die groot mediadekking, maar Behoudendes kon nie veld wen nie. Droomscenario 2030 is sy Utopiaanse oplossing vir die kerk in SA.

Comments are closed.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.