Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Kerkbode Kollig-podsending: Hoe moet lidmate ‘goedkoop versoening’ verstaan?


Is verhoudings tussen wit en bruin en swart Christene in die banke van kerke soos die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) 30 jaar ná apartheid aan ’t versterk en verdiep?

Is daar grondige versoening tussen rasse en op strukturele vlak binne die NG Kerk die soort “herstellende geregtigheid” waarvan teoloë praat?

In hierdie Kollig-episode berig ons vanuit Durban oor ’n onlangse interkerklike konferensie wat die VGK aangebied het en waar rolspelers onder meer eenheid met die NG Kerk op insiggewende wyse bespreek het.

Lees meer: ‘Goedkoop versoening rem eenheidsgesprek tussen VGK en NGK’

Die vraag is: Werk gemeentes, in hierdie jaar wat die VGK sy 30ste bestaansjaar vier, aan kerkeenheid en is daar vooruitgang, stagnasie of terugval? Is daar hoegenaamd vordering as prof Leepo Modise verduidelik dat versoening sonder restitusie “goedkoop” is? En as ds Jan Lubbe toegee dat die NG Kerk tot ’n mate na “binne gedraai het” oor die afgelope paar jaar – ten koste van eenheid?

Lees ook: VGKSA op 30 jaar: Dié verjaardag is meer as ’n wekroep tot groter eenheid

Die Kollig-aanbieder Heléne Meissenheimer nooi ook vandeesweek die joernalis en Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman in na die virtuele ateljee om sy indrukke van die interaksie tussen leiers van die NG en VG Kerke te hoor.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top