Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Brief: ‘Huis van God is vir die maak van dissipels’ 

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Dr Dieter de Bruin se skrywe (18.11.2025) gee sy perspektief oor die sterk emosies wat dikwels aan tekens en simbole gekoppel word n.a.v. die geleentheid in die Groote Kerk op 26 Oktober. Hy waarsku dat simboliese handelinge in ’n diverse gemeenskap maklik misverstaan word, en dat sorgvuldige, empatiese betekenisvorming nodig is om konflik te voorkom en werklike begrip te bevorder.

LEES OOK | Uit ’n ander hoek: Só kan tekens en simbole betekenisoordrag versterk óf kelder

Volgens my mis De Bruin die punt van die hoofargumente van die stemme wat ontsteltenis uitgespreek het (van hulle persone wat persoonlik teenwoordig was). Hulle argumente het hoofsaaklik gegaan oor die ontering van wat in die volksmond bekend is as die “huis van God” – ’n plek wat in gereformeerde denominasies gebruik word deur geordende leraars vir die opbou van gelowiges, evangelisasie en maak van dissipels. Baie plegtige gebeurtenisse vind in kerkgeboue plaas: voltrekking van egverbintenisse, sakramente en ander eerbiedige formaliteite: Nagmaal, doopgeleenthede, belydenisaflegging. Hierdie geleenthede word almal gekenmerk deur formaliteit, eerbied en het rituele betekenis.

LEES OOK | Brief: ‘God gee om vir mense wat ly’

Die gebeure op 26 Oktober 2025 het nie net moraliteit verlaag nie; dit onteer ook die besondere skoonheid en karakter van een van die NG Kerk se oudste kerke.

Dr Bernhard Ficker het in ’n brief (29.10.2025) verwys na Jesus wat die tempel binnegegaan het, handelaars en geldwisselaars uitgedryf, tafels omgekeer en God se huis heilig verklaar het. In die Ou Testament is meer as een voorbeeld waar heilige voorwerpe of gebruike ontheilig is. Een daarvan is Belsasar wat gedrink het uit die heilige voorwerpe van die tempel. Hy het die voorwerpe van Jerusalem se tempel vir ’n heidense fees gebruik. Dit lei tot die “skrif aan die muur”-oordeel. 

“Hierdie dinge het oor hulle gekom as ‘n voorbeeld vir ons en is opgeskryf as ‘n waarskuwing vir ons wat die einde van die tye al beleef” (1 Korintiërs 10 vers 11).

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top