Ds Nelis Janse van Rensburg, moderator van die Algemene Sinode, het hom as voorsitter van die sinode onttrek vir die duur van die gesprek oor selfdegeslagverhoudinge wat Dinsdagmiddag plaasvind.
Hy het aan die sinode gesê hy was voorsitter van die 2015 sinode waarvan prosedures en besluite onder die vergrootglas gaan kom. Daarom gee hy die voorsitterstoel vir die duur van die debat oor aan ds Nioma Venter, die ondervoorsitter van die sinode.
- Volg die gesprek regstreek op die Kerkbode-blog.
- Lees ook: Nelis is weer moderator
- Lees ook: Eerste vroulike assessor vir NG Kerk
Geborg
