Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

VIDEO: Mees gelese stories by Algemene Sinode 2019

Dit was ‘n bedrywige week in Benoni en die Kerkbode-redaksie het vanjaar ‘n regstreekse blog vanaf die media-tafel by die Algemene Sinodesitting (6-11 Oktober) aan die Oos-Rand behartig. Ons doel: Om intyds oor besluite en gebeure verslag te doen.

Hieronder, ingeval jy dit gemis het of na ‘n spesifieke stuk inligting soek, bied ons ‘n kort oorsig van ‘n belangrike week in die kerk se geskiedenis.

Blog

Met die blog wou ons lesers – byna soos Twitter – ‘n onmiddellike blik op sake gee. Dit kan hier gelees word.

@Sinode: Nuusberigte

Ons het ook deur die loop van elke dag van die groter stories herverpak en af en toe – tydens ‘n tee- of middagete-breek – met afgevaardigdes gaan gesels om hul gevoelens te pols. Dié stories lê almal hier.

Amptelik: Besluite deur afgevaardigdes 

Kerkbode wou ook vanjaar in nouer samewerking met die Algemene Sinode se eie kommunikasiespan tree sodat amptelike besluite spoedig en maklik beskikbaar sou wees vir lesers – sonder om verwarring te veroorsaak oor feit en opinie, berig of verklaring. Daarom lê alle besluite in hul eie kategorie wat nuut geskep is onder Amptelik. Lees dit gerus hier.

Briewe: Lesers praat saam

Dan was daar deurgaans ruimte vir lesers om saam te gesels. Hierdie bydraes lê oudergewoonte in die Briewe-afdeling en is met vrug ingespan om ons verslaggewing aan te vul en ‘n voller prentjie van die sinode te probeer skets. Lees gerus self.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top