Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Oor fisiese en geestelike nood

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Coenie Greeff, La Rochelle, Bellville skryf: Dankie, Prof Johan van der Merwe, vir jou kosbare artikel oor SA se pandemie van fisiese armoede (Kerkbode 07.06.22). Terwyl ek lees, tref dit my – wat van die geestelike pandemie wat dreig in ons kerk – ek gebruik “pandemie” in alle erns. Kyk ons as NG Kerk met net soveel sorg en erns na ons gemeenskap se geestelike armoede as na hulle fisiese nood?

Lees ook: Donasie-kragtoer: Drie miljoen agterstand in drie dae uitgewis

Pragtige getuienisse van hulp en omgee is gedeel in die afgelope NG Kerk streeksfamiliebyeenkomste landswyd – ek wonder toe net – soveel impak wat ons kerk het met plaaslike armoede – het ons dieselfde toewyding aan mense se geestelike armoede – soekend na die enigste ware Brood van die Lewe – mense wat gevoed word met ’n kospakkie uit die gemeente wat die fisiese honger help, maar gaan slaap met ’n ander “honger” – om die onfeilbare heilige absolute Woord van Waarheid te hoor – ’n Waarheid wat hulle uitdaag om te sien wie hulle werklik is – dat hulle beste pogings tot selfverlossing “soos vuil lappe” is (Jes 64:6)?

Lees ook: Om die spore van ’n bewegende God te volg

Dat die enigste Seun van God sondeloos uit ’n maagd gebore, met die skaduwee van die kruis oor sy krip – Jesus, gehoorsaam tot op Golgota – Jesus, fisies opgestaan sodat ons kan leef – Jesus, die enigste Brood gebreek vir ons verlossing – al Brood genoeg vir die ware “honger” – dit mag baie eenvoudig en simplisties klink – miskien te eenvoudig vir dié met boekrakke vol kritiese teologie en redenasies wat relativeer. Jesus, die ware “entstof” tot ewige genesing van die geestelike pandemie binne ons kerkbanke, maar ook buite in die parkeerplek. In Johannes 6:51 sê Jesus: “Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.”

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top