Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Pelgrimstog van Hoop het al by die 2 000 stappers (meestal vroue) gehad. En nou het die netwerk van roetes 'n nuwe toevoeging: van Jeffreysbaai via Baviaans tot op Uniondale. Foto's: Heléne Meissenheimer

Podsending: ‘Ek was absoluut verstom’ – Joernalis oor haar eerste staptog op Pelgrimstog van Hoop

Sy het al breedvoerig hieroor geskryf, maar nou gebruik sy die geleentheid om meer hieroor te gesels.

Heléne Meissenheimer vertel aan die Binnekamer-aanbieder Lizelle De Bruin als oor die nuutste toevoeging tot die Pelgrimstog van Hoop:  ‘n 10 dag-staproete van Jeffreysbaai via Baviaans tot op Uniondale. Hoe fiks moet jy wees? Hoeveel kos dit? Wat word bedoel met ‘n pelgrims-etos? En wat kan ‘n pelgrimstog ‘n mens van jouself en van jou land leer? Luister hieronder na die podsending van ‘n gesprek wat op 9 November op RSG uitgesaai is.

 

Lees Hélene se stapstories hieronder:

 

Gou oor Via Baviaans-staproete:

  • Is dit veilig? Pelgrimstog van Hoop het al by die 2 000 stappers gehad en nog geen misdaadvoorvalle nie. Soos op die ander roetes stap ’n mens in groepe van so vier tot sewe. Die netwerk van herbergiers kyk ook uit vir hulle rooihoedgaste en sal uitry om te help indien nodig.
  • Hoe fiks moet ek wees? Wees gereed om 20 km en selfs meer per dag te stap.
  • Wat van WiFi? Die meeste herberge het gratis internetsein (MTN en Cell C was meestal sterker as Vodacom). Langs die pad is sein wisselvallig.
  • Wat kos dit? Soos die meeste ander PvH-roetes is R1 000 per persoon per dag die mikpunt. Dit sluit in oornag (beddegoed en handdoek) met aandete en ligte ontbyt (gewoonlik koffie/tee en beskuit). Soms kry ’n mens ’n lekker eetgoedpakkie, ander kere is daar ’n brunch-stop langs die pad.
  • Wanneer kan ’n mens stap? Die staproete is oop vir besprekings vanaf 2026 tussen middel-Maart tot middel-November. Hou in gedagte dat dit in die winter bibberkoud word en somerdae diep in die 30 grade kan draai. Vir meer inligting en besprekings, e-pos: viabaviaans@gmail.com of besoek die webblad: hopecamino.co.za

Kyk ook ‘n paar video’s:

 

 

 

 

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top