Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Redakteursbrief

Die volle evangelie

Dit was die Lausanne-konferensie wat jare gelede voren­dag gekom het met die slagspreuk dat die hele kerk die hele evangelie na die hele wêreld moet bring. Dié slagspreuk het ontstaan toe daar ’n sterk verdeling tussen verskillende kerklike strominge was. Aan die een kant was daar die evangeliese kerke wat klem gelê het op ’n […]

Die volle evangelie Lees verder

Redakteursbrief

Die reënboog

Vroeg in die 1990’s het aartsbiskop Desmond Tutu die term “reënboognasie” gemunt. Daarmee wou hy sê dat die mense van verskillende kleure hier aan die suidpunt van Afrika een nasie kan vorm. Die reënboog is ’n simbool wat baie vroeg in die Bybel voorkom. In Genesis 9, na afloop van die sondvloed, sluit God ’n

Die reënboog Lees verder

Redakteursbrief

Geregtigheid

Vir ’n lewe in navolging van Christus, is geregtigheid ’n saak wat van kernbelang is. En Jesus Christus maak dit keer op keer duidelik wat Hy onder geregtigheid verstaan. Soos die keer in Lukas 11 toe ’n Fariseër vir Jesus nooi om by hom te kom eet. Tot sy verbasing doen Jesus nie die fatsoenlike

Geregtigheid Lees verder

Redakteursbrief

Perspektief

In  ’n samelewing waarin dit voel dat dinge dikwels skeef loop, loon dit om soms na ander perspektiewe te soek. In die kunste is “perspektief” die term wat gebruik word om aan te dui uit watter hoek ’n mens na ’n saak kyk. ’n Mens kan byvoorbeeld na ’n boom kyk van sy skadukant af,

Perspektief Lees verder

Redakteursbrief

Dis absurd

Dit is interessant om te sien dat Jesus ’n sin vir die absurde gehad het. ’n Mens sien dit waar Hy sê ’n mens steek nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie. Verbeel jou die prentjie: Die kamer is donker. Dan kom iemand en steek ’n lamp op. Wanneer dit mooi

Dis absurd Lees verder

Redakteursbrief

Só anders

Die manier waarop God in hierdie wêreld en met sy mense werk, is soms verrassend vreemd. Dit is so anders as wat ’n mens sou verwag. Twee groot gebeure op die kerklike kalender herinner ons daaraan: Hemelvaart en Pinkster. Met Hemelvaart gaan Jesus weg. Die een wat gekom het om vir mense te wys hoe

Só anders Lees verder

Redakteursbrief

Vas en vier

Een van die ou kerklike gebruike wat herleef, is om ty­dens Lydenstyd van iets kleins te vas. Sjokolade of wyn of iets dergeliks. Dis iets simbolies. Een aspek van dié soort vas is dat dit ’n herinnering is. Die tydelike prysgawe van ’n klein vreugdetjie herinner ons aan die groot prysgawe wat Jesus gedoen het.

Vas en vier Lees verder

Redakteursbrief

Lydenstyd

Dat Aswoensdag, die dag waarop Lydenstyd begin, vanjaar saamval met Valentynsdag, lyk met die eerste oog­op­slag taamlik ironies. Lyding en liefde klink eenvou­dig nie na goeie pasmaats nie. Tog is die pad van Lyding wat Jesus Christus gestap het en waaraan ons terugdink met Lydenstyd juis ’n ui­ting van God se liefde vir mense. Dit

Lydenstyd Lees verder

Redakteursbrief

God is getrou

Watter beter versekering is daar om ’n nuwe jaar mee in te gaan as dié in Psalm 111:3? Die Here se trou staan vir altyd vas. Op reis die onbekende toekoms in, kan ’n gelowige, ’n gemeente, ’n kerk wéét dat God getrou is. Dié God wat liefhet, wat sorg, wat bewaar, sal ons nie

God is getrou Lees verder

Redakteursbrief

Geskenke

Geskenke speel ’n groot rol in die manier waarop ons Kersfees vier. As dit sleg hanteer word, kan dit ons weg van Christus en in die verbruikerskultuur in lei. Maar as ons dit reg hanteer, kan geskenke ons en ons kinders juis na Jesus toe lei. In die eerste plek is die pakkies wat ons

Geskenke Lees verder

Redakteursbrief

Geweld

Hoe behoort gelowiges te reageer op geweld om hulle: geweld op plase teen boere en werkers; geweld in stede deur bendes en ander booswigte; geweld teen vroue en kinders; geweld in al sy vorms teen al sy slagoffers? Die ou kerkvaders het ’n spreuk in Latyn gehad: “Ora et labora”, oftewel: “Bid en werk.” Dit

Geweld Lees verder

Redakteursbrief

Die Heelmaker

Kersfees en Advent lê om die draai. Hierdie seisoene in die kerklike jaar behoort ons weer grondig te laat besin oor hoe ons Skrifgetrou oor God dink. ’n Mens kan so maklik dink God is soos ’n antieke koning wat bo van sy troon af regeer, wat reëls neerlê wat gehoorsaam moet word, en vir

Die Heelmaker Lees verder

Redakteursbrief

Reformasie 500

Die kerkhervorming wat 500 jaar gelede by Martin Luther en sy 95 stellinge begin het, bied heelwat rede tot viering. Ons vier die herontdekking van God se genade. Ons vier die redding deur die geloof wat God aan ons skenk. Ons vier die hernude fokus op die Skrif. En ons vier die insig dat Christus

Reformasie 500 Lees verder

Redakteursbrief

Omgekeerde waardes

Villieria se gee-basaar is ’n voorbeeld van die omgekeer­de waardes wat in die koninkryk van God geld. In die wêreld, in die verbruikerskultuur, wil almal net kry. In die koninkryk van God werk dit anders. Jesus het gesê: “Om te gee maak ’n mens gelukkiger as om te ont­vang” (Hand 20:35). Dit is maar een

Omgekeerde waardes Lees verder

Redakteursbrief

Glo en doen

’n Belangrike deel van ons gereformeerde erfenis is dat ons glo ons redding is ’n geskenk van God. Ons kry dit uit genade alleen. Ons hoef nie te werk om dit te verdien nie. Genadiglik! Want ons kan dit nie verdien nie. Ons ont­vang dit deur geloof alleen. Hierdie insigte vier ons in die herdenking

Glo en doen Lees verder

Redakteursbrief

Verwondering

Lied 464 ( O Heer, my God …) verwoord die verwonde­ring wat ons ervaar as ons iets in die skepping as God se handewerk herken. “Die son en maan, die aarde, sterre wolke …” sing die eerste strofe. “Ek sien die veld – die bosse, berge, vlaktes …” begin die tweede. So besing Psalm 104

Verwondering Lees verder

Redakteursbrief

Ekumene

“Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk …” Hierdie artikel uit die Apostoliese Geloofsbelydenis is deel van die NG Kerk se identiteit. En dit is waarom eku­mene so belangrik is: omdat die ekumene ons help om ons geloofsfamilie reg oor die wêreld beter te leer ken. Luister ’n mens na diegene wat die afgelope

Ekumene Lees verder

Redakteursbrief

Koninkrykstyd

Met die seisoene van Advent, Kersfees, Epifanie, Lydens­tyd, Pase en Pinkster het ons die gebeure oordink van Jesus se koms, sy aardse bediening, sy sterwe, opstan­ding en hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees. Nou is dit agter die rug en ons is in Koninkrykstyd. Dit is die tyd van lewe met Jesus as

Koninkrykstyd Lees verder

Redakteursbrief

God is liefde

God is liefde. So lees ons in die Bybel. Dit is omdat God sy skepping liefhet, dat Hy sy Seun gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Dit is hierdie Jesus, die Woord wat vlees geword het, wat die wet saamgevat het in

God is liefde Lees verder

Redakteursbrief
Scroll to Top