Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dié data help ons om beter te verstaan watter Google-soektogte Kerkbode se webwerf die afgelope maand byna 14 000 klieks besorg het. Opmerkings of vrae oor webdata en storietendense is welkom. Stuur dit na leroux@bmedia.co.za

Werksoekers bring weer klieks by die hordes na Kerkbode + eCKE nou gratis beskikbaar

Plasings oor werk- en loopbaangeleenthede het weereens in die eerste maand van die jaar die grootste aantal webgebruikers na Kerkbode.co.za gebring, volgens Google se soektogdata* vir Januarie.

 

In hierdie gereelde maandeind-mediarubriek kyk Le Roux Schoeman terug en vra: Waar het die klieks vandaan gekom en watter tendense sien ons by Kerkbode.co.za?

Data: Vier goed wat ons sien

  1. Die meeste bolangse Google-soektogte eindig op by die Vakatures-afdeling of op die tuisblad.
  2. ’n Nuusberig soos GKSA hou sinode op Potch: Eie gemeentes móét nou konformeer of uit verband tree het lesers wel ’n bietjie in die detail ingetrek en vir ’n gemiddeld van 3 minute en 19 sekondes aan die lees gehou.
  3. Amptelike Nuus mag maar saai klink, maar hierdie digitale strydros bied ’n betroubare boekstawing van leraars se skuiwe binne die NG Kerk en kry klieks.
  4. Heelwat mense wat soek na die betekenis van Epifanie het by ons beland … Dalk nie só verrassend vir ’n kerkblad nie, maar dit is baie bemoedigend dat lesers duidelik baat vind by die inhoud van die elektroniese Christelike Kernensiklopedie (eCKE), ’n omvangryke nuwe toevoeging wat Kerkbode verlede jaar tot sy inhoudsaanbod gemaak het, deur meer as 3 500 toeganklike artikels oor immergroen geloofsvrae, Bybelse begrippe en kerkgeskiedenis gratis beskikbaar te maak.

 

Tendense: Twee goed wat ons aflei

  • Die bestendige belangstelling in “funksionele” inhoud soos Amptelike Nuus en Vakatures en In Memoriam (doodsberigte) toon waar Kerkbode die NG Kerk digitaal dien.
  • Immergroen-inhoud (sien eCKE) wil-wil ’n gehoor bou en ons kan dit aanhelp.

Lees ook: Kerknuus en comments: Gekruisde lyne, ‘church hurt’ en negatiewe plesier

*Soektogdata: Let wel … 

  • Hierdie is net een liniaal om teen die maand te hou. Google Analytics wys weer in meer besonderhede watter stories die meeste gelees word (In Januarie was dit Oor manlike en vroulike rolle en leierskap in die Nuwe Testament deur prof Stephan Joubert. Met dr Roelf Opperman se skrywe (‘Dié standpunt oor vroue breek af en maak seer’) wat die mees gelese bydrae op die briewe-afdeling was. Dan is daar nog menige groot afleidings te maak uit die altesaam meer as 200 000 kyke wat plasings op ons Facebookblad in Januarie gekry het. Maar dit is vir ’n volgende aflewering.
  • Dié data help inhoudskeppers om beter te verstaan watter Google-soektogte Kerkbode se webwerf die afgelope maand byna 14 000 klieks besorg het.
  • Opmerkings of vrae oor webdata en storietendense is welkom. Stuur dit na leroux@bmedia.co.za

Le Roux Schoeman is redakteur van Kerkbode.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top