Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Afgehandelde vakatures

Die sluitingsdatum vir hierdie vakatures is verby en aansoeke word nie meer ontvang nie.

NG GEMEENTE HAYFIELDS (PIETERMARITZBURG)

Vakature: Medeleraarspos Sluitingsdatum: Donderdag, 5 April 2018. (Drie jaar vastetermyn) Die gemeente is ’n voorstedelike gemeente met 823 belydende en 170 dooplidmate. LERAARSPROFIEL: Die volgende vereistes is van besondere belang met die oog op ’n beroep: • Die posbeskrywing sluit die primêre funksie van die predikant in, soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde. […]

NG GEMEENTE HAYFIELDS (PIETERMARITZBURG) Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG GEMEENTE VRYBURG-WES

As ’n Jesusliefde-in-aksie-gemeente wil ons graag die dienste bekom van ’n daartoe geroe­pe, dinamiese en toegewyde leraar wat die wese van ’n plattelandse gemeente verstaan en sal omhels. In biddende afhanklikheid van die Here rig ons hiermee dus ’n hartlike uitnodiging aan u om aansoek te doen vir die leraarspos: Vakature: Voltydse leraarspos Sluitingsdatum: 6

NG GEMEENTE VRYBURG-WES Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Pinelands

Leraarspos Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag, 13 April 2018. Die kerkraad van die NG gemeente Pinelands nooi belangstellendes om aansoek te doen vir bogenoemde pos. Die NG gemeente Pinelands is geleë in die suidelike voorstede van Kaapstad. Die gemeente is klein maar die ouderdomme van gemeentelede dek ’n wye spektrum, vanaf jong gesinne met kinders tot

NG Gemeente Pinelands Lees verder

Afgehandelde vakatures

LYNNWOODRIF GEMEENTE

Vakature: Medeleraar Sluitingsdatum: Maandag, 12 Maart 2018. In biddende afhanklikheid teenoor die drie-enige God maak die gemeenteraad van Lynnwoodrif-gemeente bekend dat aansoeke vir die volgende bedienaar van die Woord van God ingewag word. Gemeenteprofiel: Lynnwoodrif-gemeente is ’n gemeente in die ooste van Pretoria. Met ons visie “Kom na My toe …” (Matt 11:28) wil ons almal

LYNNWOODRIF GEMEENTE Lees verder

Afgehandelde vakatures

WOODLAND HILLS NG GEMEENSKAPSKERK BLOEMFONTEIN

Vakature: Musiekkoördineerder Sluitingsdatum: 23 Maart 2018. Woodland Hills Gemeenskapskerk (Bloemfontein) wag aansoeke in vir ’n musiekkoördineerder wat leiding gee in sang en musiek in die gemeente se eredienste. Die orkesgroe­pe, musiek, liedkeuses en al die ander fasette moet so georganiseer en geïnspireer word dat die gemeente gelei word tot ’n ontmoeting met God. Oorhoofs: Die

WOODLAND HILLS NG GEMEENSKAPSKERK BLOEMFONTEIN Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Stellenbosch-Wes

Personeelposte beskikbaar Sluitingsdatum: 23 Maart 2018. Ons as Nederduitse Gereformeerde Kerk Stellenbosch-Wes gemeente wil graag ’n persoon/e aanstel in ’n verskeidenheid rolle wat inpas by ons gemeentekultuur. Dit word weergegee in ons getuienisskrif wat te vinde is by http://www.stellenboschwes.co.za/visie/getuienisskrif/ Onderstaande verantwoordelikhede kan deur 2/3 persone in verskillende kombinasies uitgevoer word, afhangend van die kandidate en

NG Kerk Stellenbosch-Wes Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Hoopstad

Vakature: Medeleraar Sluitingsdatum: 5 Maart 2018. • Gemeenteprofiel: Hoopstad is ’n plattelandse gemeente in die Noordwes-Vrystaat met sowat 761 belydende en 220 dooplidmate. Hoopstad is ± 160 km vanaf Bloemfontein en ± 100 km vanaf Welkom. Hoopstad is ’n sterk boerderygemeenskap met saaiery as die belangrikste deel van die boerdery. Tans is hier twee leraarsposte

NG Gemeente Hoopstad Lees verder

Afgehandelde vakatures

Ned Geref Gemeente Okahandja, Namibië

Vakature: Leraarspos Sluitingsdatum: Maandag, 16 Maart 2018. Okahandja is ’n plattelandse dorp 70 km noord van Windhoek. Die gemeente is tipies plattelands en vertoon ’n pastorale-gemeente profiel. Daar is 321 belydende en 66 dooplidmate in die gemeente met ongeveer 94 besoekpunte op die dorp, 78 by aftreeoorde en nagenoeg 32 op plase. Eredienste word op

Ned Geref Gemeente Okahandja, Namibië Lees verder

Afgehandelde vakatures

LIGHUIS † LIGHTHOUSE JESUS BEDIENING † MINISTRY

Vakature: Voltydse leraarspos Sluitingsdatum: 16 Februarie 2018 om 12:00 Gemeenteprofiel: Tweetalige onafhanklike gemeente in Welkom, Vrystaat. Ons gemeente bestaan uit 700 lidmate en 200 kinders en jongmense met ’n voltydse jeugwerker. Leraarsprofiel: Skrifgetroue tweetalige prediking. Verantwoordelik vir Bybelstudies, Bybelskool, hospitaalbesoek, ouetehuis besoeke, geestelike begeleiding. Huweliksbevestiging en waarneem van begrafnisse. Vergoeding: Pakketsamestelling tydens onderhoud. Kwalifikasies: Minimum

LIGHUIS † LIGHTHOUSE JESUS BEDIENING † MINISTRY Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG GEMEENTE WITBANK-PANORAMA

Vakature: Voltydse vastetermynpos Sluitingsdatum: 28 Februarie 2018 om 12:00. Die NG gemeente Witbank-Panorama vra hiermee belangstellendes om aansoek te doen vir ʼn voltydse vastetermynpos. Gemeenteprofiel: Die gemeente is een van vyf NG gemeentes in Witbank (agt gemeentes in die Ring van Witbank) en ook deel van die Oostelike Sinode. Die gemeente is ±100 km oos

NG GEMEENTE WITBANK-PANORAMA Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG GEMEENTE HAYFIELDS (PIETERMARITZBURG)

Vakature: Medeleraarspos (Drie jaar vastetermyn) Sluitingsdatum: Donderdag, 22 Februarie 2018. Die gemeente is ’n voorstedelike gemeente met 823 belydende en 170 dooplidmate. LERAARSPROFIEL: Die volgende vereistes is van besondere belang met die oog op ’n beroep: • Die posbeskrywing sluit die primêre funksie van die predikant in, soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

NG GEMEENTE HAYFIELDS (PIETERMARITZBURG) Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG gemeente Theunissen

Vakature: Drie jaar termynpos Sluitingsdatum: 17 Februarie 2018 (13:00). Die leraarspos van die NG gemeente Theunissen het na 24 jaar vakant geraak. Die gemeente wil graag die dienste van ’n daartoe geroepe leraar bekom wat die uitdagings en geleenthede van ’n plattelandse gemeente verstaan en sal aangryp. Gemeenteprofiel: Die gemeente het in 2010 sy eeufees

NG gemeente Theunissen Lees verder

Afgehandelde vakatures

NED GEREF GEMEENTE: PAULPIETERSBURG

Vakature: Leraar (Kontrakpos) Sluitingsdatum: 7 Februarie 2018. Die gemeente se huidige leraar tree af op 31 Maart 2018 en hiermee word alle belangstellende gelegitimeerde leraars met volle ampsbevoegdheid (proponente, predikante, emeriti) van die NG Kerk wat geroepe voel om op die platteland in die bediening te staan genooi om aansoek te doen vir hierdie termynpos

NED GEREF GEMEENTE: PAULPIETERSBURG Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Tweeling

Vakature: kontrakpos vir drie jaar na twee jaar onderhandelbaar (Proponente of leraars of emeriti welkom om aansoek te doen) Sluitingsdatum – 28 Februarie 2018. Gemeenteprofiel: Tweeling is in die hart van die Riemland (tussen Reitz en Frankfort geleë – 30 km beide dorpe toe). Naaste groot dorp Bethlehem. Gemeente het tans plus minus 90 lidmate

NG Gemeente Tweeling Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG KERK ROSENDAL – OOS-VRYSTAAT

Vakature: Tentmakerspos (Termynkontrak onderhandelbaar) Sluitingsdatum: 10 Februarie 2018. Gemeente: Ons is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Vrystaat met 80 belydende en 10 dooplidmate. Gemeente bestaan uit meer ouer lidmate. Groot boerderygemeenskap wat saai en met vee boer. Ons leef naby aan mekaar en is nou gemoeid in ons gemeenskap. Predikant: Ons bid vir ’n leraar

NG KERK ROSENDAL – OOS-VRYSTAAT Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG GEMEENTE FAIRLAND

Draers van hoop vir die wêreld Vakature: Bedienaar van die Woord Sluitingsdatum: 26 Januarie 2018. Gemeenteprofiel: Die NG gemeente Fairland is geleë aan die westekant van Johannesburg, en sluit woon­gebiede soos Berario, Northcliff en Fairland in. Die gemeente bied ’n geestelike tuiste vir gesinne wat versprei is oor ’n wye gebied. Die kerkgebou is te

NG GEMEENTE FAIRLAND Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG KERK CLOCOLAN

Vakature: Leraar Sluitingsdatum: Woensdag, 10 Januarie 2018. Hierdie gemeente, geleë in Clocolan in die Oos-Vrystaat, beskik oor ’n vakature vir ’n vaste termyn pos van drie jaar met die oog op ’n permanente aanstelling. Gelegitimeerde proponente en predikante van die NG Kerk kan aansoek doen. (Skaal 1 – 5 onderhandelbaar.) Gemeenteprofiel: ’n Goed gevestigde gemeente

NG KERK CLOCOLAN Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG GEMEENTE DRAKENSBERG-VALLEI

Vakature: Leraarspos (3 jaar termynbepaalde pos) Sluitingsdatum: 31 Januarie 2018 Gemeenteprofiel: Drakensberg-Vallei is een van vyf NG gemeentes in Newcastle, geleë in die noordweste van KwaZulu-Natal en beskik oor ’n vakature vir ’n leraar vir ’n termynbepaalde pos van drie jaar. Die gemeente het tans ongeveer 450 belydende en 100 dooplidmate. Belydende lidmate bestaan hoofsaaklik

NG GEMEENTE DRAKENSBERG-VALLEI Lees verder

Afgehandelde vakatures

Sending in Japan

Missie Japan ’n Sending-vennootskap van die NG Kerkfamilie en ander Gereformeerde kerke in SA en die Reformed Church in Japan. Sluitingsdatum: 31 Januarie 2018. Missie Japan nooi kandidate uit tot deelname aan ’n proses om as sendeling na Japan gestuur te word. Sendingwerk in Japan verg ’n lewensroeping, spesiale gawes en ’n langdurige leerproses (teologie,

Sending in Japan Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Queenstown

Vakature: Medeleraar – (Twee jaar-kontrakpos) Sluitingsdatum: Donderdag, 14 Desember 2017. In biddende afhanklikheid van die Here wag ons vir aansoeke in die bogenoemde pos. GEMEENTEPROFIEL: Queenstown is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap. Die gemeente het nagenoeg 634 belydende en 167 dooplidmate. Die gemeente strewe daarna om ’n vernuwende, ge­loofwaardige en beginselvaste geloofsgemeenskap te wees.

NG Gemeente Queenstown Lees verder

Afgehandelde vakatures

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE GEMEENTE KALAHARI

Vakature: Voltydse leraarspos Sluitingsdatum: 15 Desember 2017. In biddende afhanklikheid van ons Here, stel die kerkraad van die gemeente ’n vakature vir ’n voltydse leraarspos bekend. Persone wat hulle geroepe voel, word genooi om ons te kontak. 1. Gemeenteprofiel:  Ons gemeente bestaan uit 247 belydende en 92 dooplidmate.  Geleë 60 km noordwes van

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE GEMEENTE KALAHARI Lees verder

Afgehandelde vakatures

NED GEREF GEMEENTE PAULPIETERSBURG

Vakature: Leraar (Kontrakpos) Sluitingsdatum: 7 Februarie 2018. Die gemeente se huidige leraar tree af op 31 Maart 2018 en hiermee word alle belangstellende gelegitimeerde leraars met volle ampsbevoegdheid (proponente, predikante, emeriti) van die NG Kerk wat geroepe voel om op die platteland in die bediening te staan genooi om aansoek te doen vir hierdie termynpos

NED GEREF GEMEENTE PAULPIETERSBURG Lees verder

Afgehandelde vakatures
Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.