Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Artikels

Dr Coenie Burger. Foto’s: Le Roux Schoeman

Koester daai ontdekkersvreugde – Coenie Burger

Op ’n bedompige dag in die Drakensberge spring ’n paar dominees onlangs in ’n swembad vir ’n bietjie lafenis teen die KwaZulu-Natalse son. Dis Dag Een van die jaarlikse predikante-konferensie in dié sinodale streek van die NG Kerk en vir personeel van die Drakensville-oord, sowat drie uur se ry buite Durban, is die predikante-groep al […]

Koester daai ontdekkersvreugde – Coenie Burger Lees verder

Artikels
Ons tema vir Pinkster was “God se Ekstreme Makeover Plan”. Toe word ons verras daardeur dat selfs stemme van kinders wat lag heilige oomblikke kan word, vertel Johan Visser. Foto’s verskaf via www.dinkjeug.ngkerk.net

Ons groot waagstuk tydens Pinkster

Lesse uit die ‘loopgrawe’: Praktiese wenke vir ander gemeentes Een van die grootste uitdagings binne die kerk is fragmentering, skryf Johan Visser. Hier deel hy hoe hulle juis dit teenwerk by Woodland Hills gemeente in Bloemfontein. Om ’n inklusiewe gemeentelike benadering te hê is niks nuuts as gesprek op ons kerk se tafel nie en

Ons groot waagstuk tydens Pinkster Lees verder

Artikels
Foto via https://twitter.com/AlphLukau

Godsdiensvryheid: Hoe gemaak met dié pastore?

Dit gons behoorlik in die media nadat Alph Lukau, ’n omstrede pastoor verbonde aan Alleluia Ministries International, beweer het dat hy ’n man uit die dood opgewek het. Foto’s en video’s van die gebeure wat na berig word in Johannesburg plaasgevind het, het wyd op sosiale media versprei. Daar word gesien hoe Lukau bid vir

Godsdiensvryheid: Hoe gemaak met dié pastore? Lees verder

Artikels
Steinthal se kleuters in die vroeëkinderontwikkelingsentrum waar hulle elke oggend onderrig ontvang.

‘Ons kinders is stukkend’

Die graad van gebrokenheid onder kinders het “100% toegeneem”, meen Riana Furniss van Steinthal-kinderhuis bui­te Tulbagh in die Wes-Kaap. Sy het aan Conette le Roux vertel dat net God die gebrokenheid wat sy in haar beroep as maatskaplike werker teëkom, kan genees. Riana Furniss, senior maatskaplike werker en pro­grambestuurder by Steinthal-kinderhuis, begin die skokfeite uitpak

‘Ons kinders is stukkend’ Lees verder

Artikels

Gesoek: Beter teologie en ‘radikale stuff’

Die Bybel is wysheid van 2 000 jaar, sê Piet Naudé. En dominees se werk is om dit te interpreteer, aldus dié teoloog wat deesdae aan die Universiteit Stellenbosch se Bestuurskool verbonde is. Maar het die kerk genoeg kundigheid oor kapitaal-vorming, belasting, beurse en die stelsels wat die radikale verdeling van rykdom in Suid-Afrika instandhou?

Gesoek: Beter teologie en ‘radikale stuff’ Lees verder

Artikels
Pelgrims staan tou om by die tuingraf in Jerusalem in te gaan. Dit is ’n tipiese heilige plek waar gelowiges die ervaring het dat hulle naby aan God kom. Foto: Neels Jackson

Die evangelie vat grond op ’n plék

Hartsplek is die titel van prof Nelus Niemandt se jongste boek. Neels Jackson het by hom gaan hoor hoekom dié boek, en wat het plek met geloof te doen. Niemandt sê daar was drie waarnemings wat aanleiding gegee het tot die skryf van die boek. In die eerste plek het hy onder die indruk gekom

Die evangelie vat grond op ’n plék Lees verder

Artikels
Met ’n onlangse besoek aan die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit het prof Elna Mouton Kerkbode rondgewys terwyl bou­spanne nog met opknapping van en aanpassings tot die historiese geboukompleks op die Samuel-kampus op Wellington besig was. Oor haar rol as kapelmeester sê Mouton sy wil “met drie werkwoorde werk: Kom. Kyk. Bly.” Hoewel Mouton die woorde herstel en verkwikking inspan vir haar doel met die sentrum, is dit g’n vakansieplaas nie. Sy praat oor “Jesus se uitnodiging” in die Bybel en sê ’n mens moet bereid wees om ’n radikale verskil te gaan maak. “Mense moet vrykom”. Foto’s: Le Roux Schoeman

Steeds geroep

Elna Mouton: Nuwe rol by nuwe sentrum Ná sy reeds in die 1970’s ’n diploma in Christe­like dienswerk by die Hugenote Kollege voltooi het, is Elna Mouton terug op Wellington. Die 67-jarige Mouton het vandeesmaand by die nuwe Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit in die hart van dié Bolandse dorp ingeval, waar sy voorts die

Steeds geroep Lees verder

Artikels Video
Boere, bestaansboere en dorpbewoners uit die breë gemeenskap van Prins Albert bid saam vir die droogte-gesteisterde Karoo. Dr Gerdrie van der Merwe (met die toga aan) het die verootmoedigingsdiens in die NG gemeente Prins Albert gelei. Foto verskaf

Gemeenskap kniel in droë Karoo

Gelowiges in die droogte-geteisterde Karoo het vandeesmaand saam voor die kansel van die NG gemeente op Prins Albert gekniel vir ’n buitengewone diens. KERKBODE het dr Gerdrie van der Merwe, wat die diens gelei het, ʼn paar vrae gevra. Kerkbode (KB): Sit die leser net so ʼn bietjie op die toneel – wie het in

Gemeenskap kniel in droë Karoo Lees verder

Artikels
Patty Burgess (regs) doen haar tweeweeklikse strekoefeninge saam met Natalie Ferreira. Foto verskaf

Die son skyn in dié gange

Basta met krimplene-rokke en bollas. Op die maat van Abba se musiek dans en sing die inwoners van Huis JJ Watson, ’n Badisa-aftreeoord in George. CONETTE LE ROUX het gaan kuier. Op 75 sal Patty Burgess dalk nie meer ’n plie of ’n pirouette uitvoer nie, maar dié afgetrede prima ballerina van die Opera House

Die son skyn in dié gange Lees verder

Artikels
Ds Steven Sass (op motorfiets in die grondpad) doen sy rondes om lede van die Bettysbaai-gemeenskap te ondersteun ná verwoestende brande hier onder meer die gebou van die Katolieke Kerk se Our Lady of Montserrat-aanbiddingsplek (links onder op die blad) verwoes het. Foto: Denshir de Koker

Bettysbaai: Vlamme verteer wonings, motors én kerk

Soos in die geval van Knysna, Wupperthal en soveel townships wat die afgelope tyd onder verwoestende brande deurgeloop het, neem ’n mens se emosies, nes die veld, tyd om te genees, skryf Braam Hanekom. Suid-Afrika is die afgelope dae vir die soveelste keer getref deur ’n reeks brande wat mense verslae, getraumatiseer en in rou

Bettysbaai: Vlamme verteer wonings, motors én kerk Lees verder

Artikels Video
Skermgreep uit A Chronicle in Coligny.

Coligny: Bybel-Media vat die spoor van versoening

Met die vonnisoplegging van Phillip Schutte en Pieter Doorewaard wat vandeesmaand vir die moord op Matlhomola Moshoeu verwag word, is die dorp Coligny in Noordwes weer in die kollig. Kerkbode het met Nico Simpson, mede-regisseur van A Chronicle in Coligny, wat eksklusief by Kerkbode gepubliseer word, gesels.   Kerkbode (KB): Net eers meer teoreties, hoe sou

Coligny: Bybel-Media vat die spoor van versoening Lees verder

Artikels Video
Neels Jackson stuur einde verlede jaar sy laaste Kerkbode as redakteur na die rolpers. Foto: Le Roux Schoeman

Neels was ‘aktivis vir vrede’

Kerksake se Riaan Cruywagen groet Nes kansel of kollektebordjie, is Neels Jackson behoor­lik deel van die NG Kerk-meubels, skryf LE ROUX SCHOEMAN oor dié uittredende Kerkbode-redakteur. Op 57 het Neels Jackson, kom ons noem hom maar die Riaan Cruywagen van die beleërde beat van Afrikaanse kerksake-verslaggewer, besluit dis tyd. “Ek gaan aftree, maar beplan om

Neels was ‘aktivis vir vrede’ Lees verder

Artikels Video
Dr Willem Nicol met ’n skildery van Jesus wat in sy studeerkamer hang. Foto: Neels Jackson

Die aardse Jesus nooi mense om Hom te volg

Dr Willem Nicol se jongste boek – Genooi om te volg – gaan oor Jesus van Nasaret. Dit het pas by Bybel-Media verskyn. Neels Jackson het met hom daaroor gesels. Ons diepste verlange is na kontak met God. Soms beleef ’n mens iets daarvan in die groots­heid van die natuur, in die weerkaatsings van God

Die aardse Jesus nooi mense om Hom te volg Lees verder

Artikels

Is dit dan nog Dordt?

Vierhonderd jaar gelede, van 1618 tot 1619 is die sinode van Dordrecht in Nederland gehou. Dié sinode het onder meer die Dordtse Leerreëls opge­stel wat vandag nog een van die drie Gereformeerde belydenisse is wat die NG Kerk onderskryf. HENCO VAN DER WESTHUIZEN kyk terug en kyk na vandag. “Uitverkiesing is genadewoorde!” So begin Willie

Is dit dan nog Dordt? Lees verder

Artikels
Frederick Marais, iewers tussen Fransch­hoek en Villiersdorp op die Pelgrimstog van Hoop, op ’n brug wat uit sy geboortejaar dateer. Hy was die groot dryfveer agter die ontwikkeling van dié pelgrimstog. Foto: Neels Jackson

Frederick se pad met God en sy kerk

Dr Frederick Marais is ’n pelgrim wie se geloofspad hom al by verskeie bakens uitgebring het. Hy het vir NEELS JACKSON daarvan vertel. “’n Kerk wat almal verwelkom, is in ons bloed,” vertel Frederick Marais oor sy gesin. Dis ’n ge­dag­te waarmee hy grootgeword het. Eintlik kom dit al van voor sy geboorte af, want

Frederick se pad met God en sy kerk Lees verder

Artikels
Die afgebrande geboue by die swembad in Zwelihle, by Hermanus. Foto’s verskaf

Die kerk in ’n land wat brand

Die Sentrum vir Publieke Getuienis is ’n paar jaar gelede deur die Sinode van Wes-Kaapland gestig om namens die kerk aan van die brandende kwessies op die land se markpleine aandag te gee. BRAAM HANEKOM is die huidige direkteur. Hier gee hy sy perspek­tief op van die grootste krisisse in die land en wat die

Die kerk in ’n land wat brand Lees verder

Artikels
Ds Jan Viljoen

’n Tegniek om trauma vinnig en permanent te ontlont

DS JAN VILJOEN het in sy loopbaan as weermagkapelaan dikwels te doen gekry met mense wat ernstige emosionele trauma ervaar het. Hy was gereeld gefrustreerd omdat hy gevoel het dat hy nie daarin kon slaag om hierdie mense regtig te help nie. Teen die einde van sy loopbaan ontdek hy egter ’n praktiese tegniek om

’n Tegniek om trauma vinnig en permanent te ontlont Lees verder

Artikels
Francois en Enel Lambrechts met hulle dogtertjie, Lea. Foto's: Jacobie M Helena

Die reis met Familiekerk Bottelary is ’n geloofsverhaal

Enel en Francois Lambrechts is vanaf Januarie 2018 die ­leraars by die nuwe gemeente Familiekerk Bottelary wat in 2017 deur die NG gemeente Vredelust geplant is. Dit het hulle onder meer geleer om in afhanklikheid van God te leef. JACOBIE M HELENA het na hulle geloofsverhaal geluister. “Baie mense het die wanindruk dat die plant

Die reis met Familiekerk Bottelary is ’n geloofsverhaal Lees verder

Artikels
Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

Die trauma van die selfdegeslag-debat in die NGK

In elke mens se bestaan vind daar soms gebeure plaas wat hom/haar laat besin oor die diepste grond van sy/haar bestaan. Siekte, geweld, natuurrampe en ander ingrypende omstandighede kan ’n inbreuk maak op die mees fundamentele aspekte van enige mens se bestaan. Hierdie omstandighede kan as so ingrypend ervaar word, dat ons hier van ‘n

Die trauma van die selfdegeslag-debat in die NGK Lees verder

Artikels

Seksuele diversiteit: ’n uitdaging vir die kerk

DR MARIETJIE VAN LOGGERENBERG is ’n pastorale narratiewe terapeut wat die afgelope 17 jaar al honderde gay kliënte gehad het. Sy skryf oor die verwerping wat hulle beleef en oor uitsluiting en insluiting. “Marietjie, het jy gesien hulle wil ons nou doodmaak ook?” So vra ’n getroue gemeentelid van die gay kerk my verlede Sondagaand

Seksuele diversiteit: ’n uitdaging vir die kerk Lees verder

Artikels
Twee studente van Suid-Kaap Kollege help die kleuters blokkies bou.

Lig en genade by Ouma Lena se huis

Buite Stilbaai is daar ’n huis op ’n heuweltjie in Melkhoutfontein. Ouma Lena se huis is ’n vangnet vir die kinders van die gemeenskap wat sosiale probleme soos werkloosheid en dwelmmisbruik daagliks moet trotseer. CONETTE LE ROUX het gaan kuier. Moenie dink as jy in Stilbaai aftree jy gaan heeldag sit en rus nie. Jenny

Lig en genade by Ouma Lena se huis Lees verder

Artikels
Scroll to Top