Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Aktueel

Gemeente sê: ‘Ons doen niks glamorous nie’

Die NG gemeente Wilgespruit wil volg waar Jesus lei – en ’n mens sien dit in die verskeie maniere waarop hulle uitreik na mense in nood. Neels Jackson berig.   Dis ’n koue wintersoggend aan die Wes-Rand. Kouefront op kouefront het die vorige dae oor die Kaap gespoel en hier word die rimpelings daarvan gevoel

Gemeente sê: ‘Ons doen niks glamorous nie’ Lees verder

Aktueel Artikels

Hoe moet predikante se salarisse werk?

Cobus van Wyngaard van Sunnyside, Pretoria, skryf: Ek was ‘n finale jaar student toe ek die eerste keer afgevaardig word na ‘n sinodesitting. Ek het maar net geluister. Die sinode moes onder andere ‘n voorstel dat die salariskas gesentraliseer word oorweeg. Ek onthou van die argumente, hoe duidelik dit vir my was wat die regte

Hoe moet predikante se salarisse werk? Lees verder

Aktueel Briewe
Tannie Marie Annandale (96) onthou hoe haar ma met die Halleluja’s besig was. Haar ma het ook die liedjie geskryf waarvoor Dana se oorlede ma so lief was ...

Tannie Marie se onthou

Op Chrissiesmeer, anderkant Ermelo, hou ek nou die dag by ’n iets-van-als-winkel stil om ’n koeldrank en iets te ete te koop. Ek is op pad Nelspruit toe. Daarna Pretoria toe. Teen die muur is ’n rak vol boeke. Almal tweedehands. ’n Paar voosgeleesde James Bonds. Louis L’ Amour. Dricky Beukes. Dan sien ek dit:

Tannie Marie se onthou Lees verder

Aktueel Rubrieke

Meer oor gene en omgewing

Prop Camille Castelyn skryf per e-pos: Met opregte versoek na gesprek “Oor gene en omgewing”, Marcel Vosloo. Baie dankie vir u ingeligte brief wat ons herinner aan die “breë spektrum van wetenskaplike navorsing oor ons huidige verstaan van die oorsprong van die mens se seksuele oriëntasie”. Daar word bepleit vir ’n objektiewe en volledige terugvoer

Meer oor gene en omgewing Lees verder

Aktueel Briewe
Hierdie groepie leraars het verlede jaar se brugbedieningskursus bygewoon en die sertifikaatseremonie op Vrydag 17 Mei 2019 by die Ooskerk in Pretoria bygewoon. Van links tot regs: Rudie Thirion, Stef Bothma, Neels van Tonder, Tonie Viljoen, Sampie Niemand, Gavin Meistre en Piet Marais. Foto: Verskaf

‘Brugbediening is ’n onontdekte skat’

Dr Gavin Meistre van Garsfontein-gemeente in Pretoria skryf per e-pos: Ek was een van die persone wat die brugbedieningskursus van 2018 aan die UP bygewoon het. Ek wou dit nog altyd doen – uit pure nuuskierigheid. Ek was nogal verras oor die omvang en inhoud van die kursus. En nou, met Week 1 van hierdie

‘Brugbediening is ’n onontdekte skat’ Lees verder

Aktueel Briewe

Ervaring van ’n eerste sinodesitting

Dr John Carstens skryf per e-pos: Die pas afgelope Sinodesitting van Wes-Kaapland was my eerste. Die vergadering het begin met gesang deur ongeveer 650 stemme. Voorwaar ’n meevoerende ondervinding. So is die vergadering na elke breektyd ingelei met gesang. Die vergadering het plaasgevind in ’n gees van wedersydse respek en ruimte vir mekaar, om te luister

Ervaring van ’n eerste sinodesitting Lees verder

Aktueel Briewe
Scroll to Top