Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Author name: Fanie Cronjé

Gesoek: Toegewyde gelowiges (Mal 1)

Maleagi speel teen die sosio-ekonomiese en politiese kon­flikte van die na-ballingskapse Judese gemeenskap in Jerusalem af (Persiese tyd – 539-333 vC). Dié date­ring word onder meer uit Maleagi 1:8 afgelei, waar daar sprake van ’n goewerneur is, terwyl gedeeltes soos 1:7, 10 en 3:1, 10 die indruk skep dat die tempel, wat in 515 vC

Gesoek: Toegewyde gelowiges (Mal 1) Lees verder

Verstaan die Bybel

Oor voortdurende herinterpretasie

In sy boek Having words with God: The Bible as conversation wys die Amerikaanse Nuwe-Testamentikus, Karl Kuhn, daarop dat die Bybel as ’n heilige dialoog tussen God en gelowi­ges, maar ook tussen gelowiges onderling, verstaan moet word. Die gespreksmatige aard van die Bybel is op verskillende wyses sigbaar. So bevat die Bybel tweegesprekke tussen God

Oor voortdurende herinterpretasie Lees verder

Verstaan die Bybel

“Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.”

Habakuk 2:4 is een van vele tekste in die Ou Testament waarvan die korrekte vertaling onseker is. Slaan gerus verskeie vertalings na en die opmerking is sonder meer duidelik. Letterlik vertaal, lui dit “Kyk na die opgeblase een, sy wese is nie reguit in hom nie, maar die regverdige, deur sy betroubaarheid sal hy lewe”. 

“Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.” Lees verder

Verstaan die Bybel

Sonde, sondaars en ons onderlinge verbintenisse

My indruk is dat daar oor die millennia heen talle spreuke of gesegdes in ons geloof ingesluip het, waarvan óf die oorsprong ten beste nié in die Bybel lê nie, of ten slegste gelowiges eerder op ’n dwaalspoor lei as op die weg van die Here hou. ’n Voorbeeld hiervan vind ons in die oproep

Sonde, sondaars en ons onderlinge verbintenisse Lees verder

Verstaan die Bybel

Is geloof bedoel om te beloon?

Die Bybelse mense het geleef in ’n wê­reld waar daar nie banke was waar jy geld kon leen, of beleggings was wat dividende opgele­wer het nie. Om te oor­leef of uit skuld te kom was almal gevolglik afhanklik van weldoeners. Wel­doeners was men­se met baie status, eer, mag en lewensmiddele. Beguns­tig­des was men­se wat net

Is geloof bedoel om te beloon? Lees verder

Verstaan die Bybel

Om slagoffer te wees, of te bly vertrou

In 2 Konings 5:1-14 lees ons: Naäman is ’n “dapper soldaat” met baie mag en eer. Daar is egter een pro­bleem, hy het ’n velsiekte wat nie wil genees nie. In sy huis is daar ’n jong meisie wat as slagoffer van ’n Aramese strooptog, in ballingskap weggevoer is. Die fokus op “klein”, weerloos en

Om slagoffer te wees, of te bly vertrou Lees verder

Verstaan die Bybel

Individualisme en kollektivisme – wat rig my hartewense?

In Psalm 20 word iemand uitgenooi om op die Here te vertrou, want Hy antwoord in die dag van nood. Verder word die wens of bede uitgespreek dat die Here die een se hartewense sal vervul en sy planne sal laat geluk (Ps 20:5-6). Ook ander tekste in die Bybel mag vir sommige van ons

Individualisme en kollektivisme – wat rig my hartewense? Lees verder

Verstaan die Bybel

Die NG Kerk, die wil van God en die waarheid

In ons kerk neem die spanning ten opsigte van verskeidenheid én ons soeke na die wil van God steeds toe. Sommige lidmate, kerkleiers, gemeentes en selfs sinodes maak hulle los van, of oorweeg dit om hulle los te maak van die groter kerkverband van die NG Kerk. Enersyds kan dit beskou word as die voltrekking

Die NG Kerk, die wil van God en die waarheid Lees verder

Verstaan die Bybel

Só geld gees van die Wet en nie die letter nie

In missionale diskoerse is die koninkryk van God ’n belangrike tema. Die boek Rut gee perspektief op die koninkryk van God. Dit is ’n novelle met ’n duidelike krisis, intriges, klimaks, ontknoping en af­loop. Die karakters is versigtig gekies en vorm ’n integrale deel van die verhaal, met name wat iets van die aard en

Só geld gees van die Wet en nie die letter nie Lees verder

Verstaan die Bybel

Hooglied besing hartstogtelike, respekvolle liefde

In Hooglied gaan dit oor die liefde tussen twee mense. Tog was daar nog altyd by die deursnee kerkmens ongemak met die taal en inhoud van dié liedere. Daar is ’n hardnekkige ontkenning dat Hooglied oor menslike liefde handel en daar word gevolglik deurentyd gesoek na ’n dieper, “geestelike” betekenis om die boek as ’t

Hooglied besing hartstogtelike, respekvolle liefde Lees verder

Verstaan die Bybel

Het ons die spoor byster geraak?

Bybelse mense was pre-industriële, veeteelt-landbou, groep-georiënteerde Oosterlinge wat hulle aan die verlede georiënteer het. Alles draai om die oorlewing, voortbestaan en harmonie van en in die groep. In-groep en uit-groep en die waar­des eer-skaamte, beperkte goedere, “evil eye” en rein-onrein speel ’n baie belangrike rol. Ou-Testamentiese bepalings, voorskrifte en “wette” was bedoel om die oorlewing

Het ons die spoor byster geraak? Lees verder

Verstaan die Bybel

Rigters relativeer manlike leierskap

Soos geslag, ras en klas, is patriargie ’n samele­wingverskynsel wat tans nuut bedink word. Die kerk se posisie ten opsigte van patriargie word in besonder uitgedaag deurdat die Bybel, ’n versameling geskrifte wat ons as “woord van God” bely, uit ’n patriar­gale wêreld kom. Die populêre indruk is dat die Bybel patriargie legitimeer en dat

Rigters relativeer manlike leierskap Lees verder

Verstaan die Bybel

Die koninkryk van God is ’n ryk van vrede

Een van die mees algemene oortuigings oor die koninkryk van God is dat dit ’n ryk van vrede is. Talle tekste in die Bybel laat gelowiges ook tereg sulke afleidings maak. Die vraag is: Hoe moet ons vrede kragtens die koninkryk van God verstaan? Wanneer ons van vrede praat, bedoel ons gewoonlik die afwesigheid van

Die koninkryk van God is ’n ryk van vrede Lees verder

Verstaan die Bybel

Die volle spektrum van Bybelse getuienis

Die “koninkryk van God” is ’n belangrike tema in die missionale diskoers in die NG Kerk. Die missionale dimensie van kerkwees word egter dikwels aangebied asof dit die enigste kenmerk van “ware” kerkwees behels. Uit die aard van die saak is die kerk se sending ’n belangrike aspek van kerkwees. Gemeentes is onder meer gestuurde

Die volle spektrum van Bybelse getuienis Lees verder

Verstaan die Bybel

Die ‘koninkryk van God’ en ’n herstellende gemeenskap

Die einde van die Dawidiese koninkryk, gepaard met die val van Jerusalem en die ver­nie­tiging van die tempel in die jaar 587 vC, het tot ’n geloofs- en bestaanskrisis onder die volk van die Here gelei. Die tempel, die stad en die Dawidiese koningshuis – die pilare van die Judese gemeenskap – is vernietig. Wanneer

Die ‘koninkryk van God’ en ’n herstellende gemeenskap Lees verder

Verstaan die Bybel

Gestroop van aansien, voorspoed en mag

Die begrip “Koninkryk van God” speel ’n be­langrike rol in die Evangelies én in die gesprek oor missionale kerkwees. Die Ou Testament gebruik die term nie net so nie, maar dit moet ons nie ont­moedig om te besin oor die Ou-Testamentiese getuienis oor die God van Israel nie. Die einde van die Dawidiese koninkryk, wat

Gestroop van aansien, voorspoed en mag Lees verder

Verstaan die Bybel
Scroll to Top