Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en Groen

Gelowig en groen

Om ’n kleiner voetspoor op die brose aarde te trap, is dit volgens Miller belangrik om te vra: “Hoeveel is genoeg?” Twee faktore kompliseer die antwoord: Eerstens: Die lyn tussen wat ek nodig het en wat ek graag wil hê, vervaag as gevolg van die snelle tegnologiese ontwikkeling en gepaardgaande effek op die menslike psige. […]

Gelowig en groen Lees verder

Gelowig en Groen

Gelowig en groen

Die bekende teoloog Jürgen Moltmann vertel dat die aar­de ’n buurplaneet in die ruimte raakloop. “Jy lyk darem gehawend, wat’s fout?” verneem die planeet besorg. “Ek ly aan homo sapiens,” antwoord Aarde. “Toemaar,” word sy getroos, “ek het dit ook gehad, maar ’n rukkie gele­de heeltemal afgeskud!” Hiermee verwys Moltmann na die problematiese verhouding tussen

Gelowig en groen Lees verder

Gelowig en Groen

Gelowig en Groen

Prof Kobus van der Walt vra die retoriese vraag of jy op ’n vliegtuig sal klim wetende dat die meerderheid van die sisteme om dit in die lug te hou, foutief is. Jou lewens- en wêreldbeskouing bepaal die antwoord: Optimisties? “Ek klim op; geskiedenis bewys dat die tegnologiese vindingrykheid van die mens die vliegtuig in

Gelowig en Groen Lees verder

Gelowig en Groen

Gelowig en Groen

Prof Johan Heyns het by geleentheid die evangelie met ’n geslypte diamant vergelyk, waarvan elke vlak die Son se lig weerkaats – en dit bestempel as die kerk se roeping. ’n Kragtige en omvattende dimensie van die evangelie is eko-geregtigheid wat weerkaats word in menswaardigheid en omgewingsintegriteit daar waar diere gemartel, in­gehok, ekosisteme vernietig word,

Gelowig en Groen Lees verder

Gelowig en Groen

Gelowig en groen

Sonder energie is lewe nie moontlik nie. Omdat voedsel die vernaamste bron van energie is, probeer ons reg eet. ’n Power dieet lei tot uitputting, siekte en selfs dood – en genadiglik ook andersom. Vir lewe op aarde verskaf fossielbrandstowwe (olie, steenkool en gas) ongeveer 85% van die wêreld se energie – die res is

Gelowig en groen Lees verder

Gelowig en Groen

Gelowig en groen

’n Skoon en aantreklike omgewing is bevorderlik vir enige pasiënt se herstelproses. Gun ons dit vir Moeder Aarde? Suid-Afrikaners genereer 540 miljoen ton afval per jaar. Afval word natuurlik nie weggegooi nie; net verskuif na waar dit ons nie pla en ons dit verkieslik nie kan sien of ruik nie. Die impak van onoordeelkundige storting

Gelowig en groen Lees verder

Gelowig en Groen

Gelowig en groen

Vergelyk ons die aarde se bogrond met die mens se vel, lyk die pasiënt erg verweer. Vrugbare bogrond is onontbeerlik vir kosproduksie ten einde die groeiende bevolking te voed. Ironies is land­bou ’n groot bydraer tot gronderosie – iets wat kos­pro­duksie en voedselsekerheid aan bande lê. Oorbewerking en -beweiding en ontbossing lei tot woestynbekruiping. In

Gelowig en groen Lees verder

Gelowig en Groen

Gelowig en Groen

Soos die Israeliete in die woestyn moes agterkom, is water ’n noodsaaklike lewensmiddel en boonop skaars. Water dek 71% van die aarde se oppervlakte, maar slegs 1% daarvan is geskik vir gebruik, want van elke 100 druppels water op die aardbol is slegs drie vars, twee daarvan in ys vasgevang, en die een wat oorbly,

Gelowig en Groen Lees verder

Gelowig en Groen

Gelowig en groen

Hoe gaan dit met Moeder Aarde? Inheemse bos is vergelykbaar met longe wat suurstof beskikbaar stel aan die liggaam. Woude help om lewe in alle vorms moontlik te maak deur die omskakeling van koolsuurgas in suurstof. Diagnose baar egter diepe kommer: Lugbesoedeling neem bestendig toe, terwyl die “longe” meedoënloos beskadig word. Jaarliks word 3,7 miljoen

Gelowig en groen Lees verder

Gelowig en Groen

Gelowig en groen

“U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelwese gemaak en hom met eer en aansien gekroon,” lui Psalm 8:6. As ons die tweede deel van dié sin beklemtoon ten koste van die eerste, verloor ons die perspektief dat die mens deel is van die skepping, “minder as ’n hemelse wese”. Dons Kritzinger skryf

Gelowig en groen Lees verder

Gelowig en Groen

Gelowig en groen

Kerkbode begin met ’n nuwe rubriek, “Gelowig en groen”. In die feesjaar van die Reformasie herinner die kerk haarself onder meer aan die slagspreuk uit die reformasie dat die kerk altyd moet bly reformeer om nader aan God se wil te kom. As die kerk van 2017 na die wêreld om hom kyk, dan is

Gelowig en groen Lees verder

Gelowig en Groen
Scroll to Top