Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Author name: Neels Jackson

Neels Jackson was voorheen kerksake-verslaggewer van Beeld. Sedert 2014 is hy redakteur van Kerkbode.

‘Wie is die onwaarskynlikste?’

“Wie is die onwaarskynlikste mense in jou gemeenskap om mee saam te werk? Gaan drink saam met hulle tee.” Dit was die praktiese raad wat ds Nelis Janse van Rensburg, voor­sitter van die algemene sinodale moderamen, aan predikante gegee het by die Vrystaatse VBO-week in Bloemfontein. Janse van Rensburg het dominees aangemoedig om sensitief te […]

‘Wie is die onwaarskynlikste?’ Lees verder

Nuus

NG Kerk moet ‘diversiteit met ope arms verwelkom’

Die drie predikante van die NG gemeente Aand­bloem in Bloemfontein mag nou bur­ger­like verbintenisse tussen gay paartjies be­vestig, het dr Willem Botha, een van die drie, aan die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) gesê. Botha het gesê hulle het met die steun van hulle kerkraad aansoek gedoen om dit te doen en dit is toegestaan. Die

NG Kerk moet ‘diversiteit met ope arms verwelkom’ Lees verder

Nuus
Ds Derick Claassens saam met die kosmoshelpers agter ’n toonbank waarop ’n banier aangebring is wat ’n veld vol kosmos vertoon. Van links is Alida Hattingh, Susan Brits, ds Claassens, Amanda du Toit, Belinda Knoesen en Margie Grobler. Foto’s: Neels Jackson

Rensburg help mense blom soos kosmos in die herfs

Rensburg is ’n gemeente in Heidelberg in die suide van Gauteng. In hulle gebied is daar baie nood, maar daar het ook ’n groep ontstaan waar daar omgegee word vir mekaar. NEELS JACKSON vertel. Op die Hoëveld sterf die landskap in die herfs. Wat groen was, word vaal en bruin en doods. Maar in Maart

Rensburg help mense blom soos kosmos in die herfs Lees verder

Artikels
Dr Daniel Buda van die Wêreldraad van Kerke.

‘WRK is nog ’n jong organisasie’

Op 70 is ’n mens al taamlik oud, maar vir ’n organisasie is dit anders. Op 70 is die Wêreld­raad van Kerke (WRK) eintlik nog ’n jong organisasie. So het dr Daniel Buda, die WRK se amptenaar vir kerklike en ekumeniese verhoudinge, gesê op ’n geleentheid by die NG gemeente Pretoria-Oos ter vie­ring van die

‘WRK is nog ’n jong organisasie’ Lees verder

Nuus
Olivia Phephenyane, Kaross se bestuurder van verkope, tussen stapels van hulle geborduurde produkte. Dit wissel van kussingslope tot handsakke en van muurbehangsels tot plekmatjies. Vroeër het hulle ook al kanselklede en liturgiese bande borduur, vertel Irma van Rooyen. Foto’s: Louise Jackson

Kaross is gebore uit die liefde vir mense

Kaross se hoëgehalte borduurwerk word uitgevoer na plekke reg oor die wêreld. Agter hierdie onderneming lê daar ’n merkwaardige verhaal. NEELS JACKSON vertel. Kaross was nie ’n kerklike projek nie. Dit was nie eens ’n doelbewus godsdienstige projek nie. En tog sien ’n mens daarin verskeie elemente van wat vandag in die kerk verstaan word

Kaross is gebore uit die liefde vir mense Lees verder

Artikels
Bongane Cekiso van die EFF en ds Tewie Pieterse gesels oor wat volgende gedoen gaan word in die opknapping van Coligny, en hoe hulle dit gaan aanpak. Foto’s: Neels Jackson

Die dominee en sy vriend in die EFF

In die eens diep verdeelde dorp Coligny in Noordwes is daar ’n proses van versoening en heling op dreef wat die vreemdste mense bymekaar uitbring – soos ’n NG dominee en ’n raadslid van die plaaslike owerheid wat die EFF verteenwoordig. NEELS JACKSON berig. “Die pad van versoening lei na die vreemd­ste vennootskappe,” sê ds

Die dominee en sy vriend in die EFF Lees verder

Artikels

Hofsaak: uitspraak kom ‘voor einde vanjaar’

Die NG Kerk sal hopelik ‘voor einde vanjaar’ weet watter van sy besluite oor verhoudinge tussen mense van dieselfde geslag geld – dié van die Algemene Sinode van 2015, of dié van die buitengewone Algemene Sinode van 2016. Die besluite van 2015 gee erkenning aan gay verbintenisse. Daarvolgens kan dit in die NG Kerk deur

Hofsaak: uitspraak kom ‘voor einde vanjaar’ Lees verder

Nuus
Alicia en haar dokter.

Operation Healing Hands help mense om ander te help

Dr Helené Basson is ’n Pretoriase ortopeed met ’n hart wat omgee vir mense. Saam met van haar kollegas het sy ’n projek begin waardeur hulle mediese sorg verskaf aan mense wat dit nie kan bekostig nie. NEELS JACKSON vertel. Dit was vroeg in 2016 dat dr Helené Basson ’n pasiënt gesien het wat haar

Operation Healing Hands help mense om ander te help Lees verder

Artikels
Dr Dewyk Ungerer, aktuarius van die Algemene Sinode en moderator van die Noordelike Sinode.

Adv Ungerer sê hy bly ’n dominee

Dr Dewyk Ungerer, aktuarius van die Algemene Sinode en moderator van die Noordelike Sinode, het onlangs ’n advokaat geword. Maar hy bly ’n dominee. Die 55-jarige Ungerer, wat reeds in 2006 sy LLB-graad verwerf het, is op 2 Augustus in Pretoria tot die Hooggeregshof toegelaat. Ungerer, wat altyd reg met ’n grappie is, sê hy

Adv Ungerer sê hy bly ’n dominee Lees verder

Nuus
Nico de Klerk spreek ’n groep leerlinge van die Ikaheng Zakheni Secondary School op Petrus Steyn in die Vrystaat toe oor entrepreneurskap. Foto verskaf

Elke dag is ’n bevestiging, sê Nico de Klerk

Drie weke nadat hy begin het met sy pelgrims­tog van die Uniegebou in Pretoria tot by die Parlement in Kaapstad (Kerkbode, 3 Augustus 2018), is ds Nico de Klerk meer opgewonde as ooit daaroor. Die groot doel is om arm jongmense se denke te skuif van ’n armoedementaliteit na ’n entre­pre­neur­skaps­benadering. En, sê hy, elke

Elke dag is ’n bevestiging, sê Nico de Klerk Lees verder

Nuus
Francois Wessels met ’n beeldhouwerk van twee figure met hulle arms so uitgestrek dat dit iets van die kruis suggereer. Foto: Neels Jackson

Francois se beelde kom uit ’n mistieke spiritualiteit

Francois Wessels is ’n lidmaat van die NG gemeente Waterkloof. Hy is ook ’n pastorale berader en ’n beeldhouer. NEELS JACKSON het met hom gesels oor geloof en kuns, en hoe die twee bymekaar kom. Twee figure, in brons gegiet, is teenoor mekaar geposisioneer. Die een wat sit, haal ’n masker af. En dít, sê

Francois se beelde kom uit ’n mistieke spiritualiteit Lees verder

Artikels
Rye vragmotors se bakke word vol mielies gelaai om boere uit die Suid- en Oos-Kaap te help waar die droogte nog nie gebreek is nie. Foto verskaf

Boere gee, want hulle is geseën

Dit was ’n bietjie soos die storie van Abraham wat geseën is sodat hy tot seën van ander kan wees. Dit is nou die storie van die boere van Fochville wat mielies en voer geskenk het om boere in die Suid- en Oos-Kaap te help waar die droogte dit nog bitter moei­lik maak om hulle

Boere gee, want hulle is geseën Lees verder

Nuus
’n Skrapse aandete, maar saam kom hulle verder as wanneer elkeen op sy eie sou probeer regkom. Dit was een van die lesse van die dollar-per-dag-uitdaging. Foto’s verskaf

R14 per dag vir bewustheid van armoede

Vyf dae, gedeeltelik in die skoene van arm mense, het Rachelle Visser, ’n lidmaat van die NG gemeente Lynnwood, laat uitroep: “Dis so ’n ontnugterende realiteit!” Sy was een van 13 mense, hoofsaaklik jong werken­des, wat onlangs ’n werkweek lank probeer het om teen net R14 (dit is ’n raps meer as een Amerikaanse dol­lar)

R14 per dag vir bewustheid van armoede Lees verder

Nuus
“Baie liefde.” Dit was deel van ds Christo Nel se opdrag aan die senior kinders voor die dag se program by Imagine Kidz begin het. Hier doen Hannatjie Nel presies dit, as sy ’n seuntjie help om een van die speletjies baas te raak. Foto’s: Neels Jackson

‘God se plan met die kerk’

Die dominees van die NG gemeente Riebeeckstad, by Welkom op die Vrystaatse platteland, dink aan ’n nuwe toekoms vir die kerk – een waar almal welkom is, waar die kerk die hele gemeen­skap dien. NEELS JACKSON vertel. Teen die muur van die kerksaal van die NG gemeente Riebeeckstad, hang ’n banier wat met groot letters

‘God se plan met die kerk’ Lees verder

Artikels
Doornkloof se kerkgebou word gebruik om huishul­pe en tuinwerkers wenke oor veiligheid te gee. Foto verskaf

Doornkloof se ‘straatgeloof’

Dit is die verhaal van ’n moord wat ’n gemeenskap geruk het, maar ook van saamstaan, van deernis oor grense heen en van ’n nuwe soort omgee wat mense ontroer het. Dié gebeure het onlangs afgespeel in Doornkloof, ’n woonbuurt in Centurion. Vroeër was dit ’n wit woon­buurt, maar deesdae bly al meer mense van

Doornkloof se ‘straatgeloof’ Lees verder

Nuus
Dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, verduidelik wat behels die aanbod om die WRK se algemene vergadering in Suid-Afrika te hou. Foto: Albin Hillert/WRK

SA kerke kry tweede prys by WRK

Die NG Kerk en Verenigende Gereformeerde Kerk het nie daarin geslaag om die Wêrelraad van Kerke (WRK) te oortuig om hulle volgende Algemene Vergadering in 2021 in  Kaapstad aan te bied nie, maar hulle sal wel gasheer speel vir die vergadering van die WRK se Sentrale Komitee in 2020. Die twee kerke se bod om

SA kerke kry tweede prys by WRK Lees verder

Nuus
Die gesamentlike erediens in Gamkavallei op Pinkstersondag. Foto’s: Neels Jackson

In Gamkavallei blom die kleuters by die kerk

Die NG gemeente Gamkavallei in Beaufort-Wes het verskeie uitdagings waarmee hulle worstel, maar rassespanning is nie een daarvan nie. NEELS JACKSON berig. Op Pinkstersondag is Gamkavallei se kerk vol mense. En al die kleure en kulture van Beaufort-Wes se gemeenskap is daar. Bruinmense. Witmense. Swartmense. Dis ’n gesamentlike diens wat deur lidmate van die dorp

In Gamkavallei blom die kleuters by die kerk Lees verder

Artikels

Dis onnodig om grondwet te wysig – NG Kerk

Die NG Kerk meen dit is reg en nodig dat grondhervorming in Suid-Afrika plaasvind, maar dink nie dis nodig om die grondwet te verander sodat dit gedoen kan word nie. Dit blyk uit ‘n voorlegging van 15 bladsye wat die kerk aan die Suid-Afrikaanse Parlement se gesamentlike grondwethersieningskomitee gestuur het. Dit kom nadat die Parlement

Dis onnodig om grondwet te wysig – NG Kerk Lees verder

Nuus
Dr Cecile Cilliers met haar kortverhaalbundel Die ou vrou en die priester.

Glo is soos asemhaal, sê Cecile

Dr Cecile Cilliers was die eerste vrou wat in die Algemene Sinodale leierskap van die NG Kerk gedien het. NEELS JACKSON het by haar gekuier kort ná haar debuutbundel kortverhale verskyn het en kort voor haar 84ste verjaardag. Glo is soos asemhaal, sê dr Cecile Cilliers. Dis die soort geloof wat sy van haar pa

Glo is soos asemhaal, sê Cecile Lees verder

Artikels
Scroll to Top