Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Author name: Neels Jackson

Neels Jackson was voorheen kerksake-verslaggewer van Beeld. Sedert 2014 is hy redakteur van Kerkbode.

Mnr Adriaan Vlok. Foto: Neels Jackson

Vergifnis vra bring vryheid, sê Vlok

Voor in die Bybel wat oudminister Adriaan Vlok vir vader Michael Lapsley gegee het, staan sy versoek om vergifnis in groot, duidelike letters: “I have sinned against the Lord and against you!” En verder aan: “I am sorry – please forgive me!” Lapsley het onlangs by die bekendstelling van Uiteindelik vry, die Afrikaanse vertaling van […]

Vergifnis vra bring vryheid, sê Vlok Lees verder

Artikels
Dr Marietta van der Merwe, maatskaplike werker van die CMR, en ds Francois Naudé kyk na van die skilderye by Rietfontein-Noord se Pinksteruitstalling. Dié foto is by die uitstalling van 2014 geneem. Foto: Neels Jackson

Pinkster is weer kunstyd in Rietfontein-Noord

“Seisoen saam met God”. Dit is die tema van die negende jaarlikse kunsuitstalling wat die NG gemeente Rietfontein-Noord in Pretoria tydens Pinkster aanbied. Ds Francois Naudé van die gemeente sê dat hulle professionele kunstenaars en amateurs nooi om deel te neem. Die inskrywingsgeld is R300 per kunstenaar en daar is geen beperking op die aantal

Pinkster is weer kunstyd in Rietfontein-Noord Lees verder

Nuus
Vader Michael Lapsley met die Afrikaanse vertaling van sy boek, Uiteindelik vry, saam met prof Nelus Niemandt wat by die bekendstelling oor die boek gepraat het. Foto's: Neels Jackson

Lapsley se boek gee moed vir die toekoms

Vader Michael Lapsley se boek Uiteindelik vry is ’n moet-lees vir die Afrikaanse gemeenskap. So het prof Nelus Niemandt, hoof van die Departement Godsdiens- en Sendingwetenskap aan die Universiteit van Pretoria, gesê by die bekendstelling van die Afrikaanse vertaling van Lapsley se bekroonde boek Redeeming the past. Dié boek, met die subtitel “My reis van

Lapsley se boek gee moed vir die toekoms Lees verder

Nuus

Nou kan die kerk die Solas sing

Met die 500-jarige viering van die Reformasie in 2017, het die Afrikaanse kerkgemeenskap nou ’n lied gekry waarin hulle die vyf slagspreuke van die kerkhervorming kan uitsing. Dié slagspreuke – “Die Skrif alleen”, “Genade alleen”, “Geloof alleen”, “Christus alleen”, en “Alleen aan God die eer” – staan algemeen bekend as die Solas, omdat dit telkens

Nou kan die kerk die Solas sing Lees verder

Nuus
Noord-Kaapse ’imagineers’ in hul rooi T-hemde neem deel aan die lofprysing en aanbidding tydens verlede jaar se fees in Gauteng. Foto: Neels Jackson

#imagine is om die draai

Van 1 tot 3 April, die eerste naweek ná Paasnaweek, is dit weer tyd vir #imagine, die fees wat tieners jaarliks inspireer om met die evangelie terug te gaan na hulle gemeenskappe en daar ’n verskil te gaan maak. Ds Fouché de Wet van die Stellastraatgemeente in Pretoria sê soos verlede jaar sal daar weer

#imagine is om die draai Lees verder

Nuus

Almal trek saam in een missionale koers

Die Taakspan vir Missionale Transformasie se oogmerk is om alle lidmate se geloof so te help vorm dat hulle as gestuurdes in die wêreld sal leef. Dié gesamentlike taakspan van die Algemene Sinode bestaan uit die taakspanne vir Missionale Ekklesiologie, Lidmaatbemagtiging, Gemeentebediening, Erediens en Liturgie, Missionale Diakonaat en die Seisoen van Menswaardigheid. Hulle het onlangs

Almal trek saam in een missionale koers Lees verder

Nuus

Vroue bid vir geringstes

Laat die kindertjies na My toe kom … Dit is die tema van die Wêreldbiddag vir vroue wat op 4 Maart vir die 86ste keer in Suid-Afrika gevier word. Volgens me Rinel Hugo, lid van die uitvoerende komitee van die biddag in Suid-Afrika, wil dié tema, wat vanjaar deur die vroue van Kuba gekies is,

Vroue bid vir geringstes Lees verder

Nuus

Noord-Kaap se boom staan in Luther se stad

In Lutherstadt Wittenberg waar die Kerkhervormer Martin Luther sy 95 stellings teen die deur van die kerk vasgespyker het, staan daar nou ’n boom vir die NG Kerk in Noord-Kaapland. Ds Gert Duursema wat die leiding in Noord-Kaapland neem met die 500-jarige viering van die Reformasie in 2017, vertel dat die eer om die boom te plant,

Noord-Kaap se boom staan in Luther se stad Lees verder

Nuus
Dr Danie Malan (links) en dr James Kirkpatrick in besprekingstyd by die konferensie oor selfdegeslagverbintenisse. Hulle het albei gepraat oor hoe die Bybel verstaan en gebruik word. Foto: Neels Jackson

Nie net sewe tekste nie …

As ’n mens die Bybel onder leiding van die Heilige Gees lees, kan jy nie net sewe tekste isoleer en navors nie. Die hele boodskap van die Skrif “moet ons hart deurdring en ons gees en gedagtes vernuwe”. So het dr Danie Malan van die NG gemeente Kempton-Kruin gesê op die konferensie oor verbintenisse tussen

Nie net sewe tekste nie … Lees verder

Die gay-debat Nuus
Prof Michael Pepper aan die woord. Foto: Neels Jackson

Seksualiteit het baie kante

Die siening dat heteroseksualiteit die norm is, is beslis nie wat in die realiteit gebeur nie. So het prof Michael Pepper van die Universiteit van Pretoria se fakulteit gesondheidswetenskappe gesê by Excelsus en Coram Deo se konferensie oor selfdegeslagverbintenisse. Pepper is ook direkteur van die Instituut vir Sellulêre en Molekulêre Geneeskunde. Pepper het verduidelik dat

Seksualiteit het baie kante Lees verder

Die gay-debat Nuus
Fouche de Wet
Ds Fouché de Wet in die ekotuin wat hulle gemeente op ’n verkeerseiland skuins oorkant die kerk begin het. Daar groei van rose tot kruie en groente – vir die gebruik van die gemeenskap. Foto: Neels Jackson

Fouché wil ’n olyfkerk help bou

Hoe lyk die NG Kerk se pad vorentoe met ekoteologie? In die skripsie vir sy meestersgraad maak ds Fouché de Wet van die Stellastraatgemeente in Pretoria ’n paar voorstelle. Hy het met NEELS JACKSON daaroor gepraat. “Ons kom al meer agter dat daar ’n behoefte in die kerk is,” sê Fouché. “Ons weet ons moet iets doen, maar

Fouché wil ’n olyfkerk help bou Lees verder

Artikels
Gustav Claassen
Dr Gustav Claassen agter sy lessenaar. Hy is getroud met Hanneke wat die leiding neem by Pen se kleuter­skool­bediening in die middestad van Pretoria. Hulle het twee seuns wat albei getroud is. Foto: Neels Jackson

In krisistye word goeie teologie gebore

Dr Gustav Claassen het einde verlede jaar die leisels as algemene sekretaris van die NG Kerk by dr Kobus Gerber oorgeneem. Neels Jackson het met hom gesels. Nee, sê Claassen, hy het nie verwag dat sy termyn met so ’n storm sou begin nie. Amptelik is hy van 1 Oktober 2015 af aangestel as algemene sekretaris,

In krisistye word goeie teologie gebore Lees verder

Artikels
Geopende deure - Jan Gouws
Mnr Jan Gouws, besturende direkteur van Geopende Deure SA.

Geopende Deure wil ’n brug wees

Geopende Deure Suider-Afrika wil ’n brug wees tussen gemeentes en die vervolgde kerk. So sê mnr Jan Gouws, uitvoerende direkteur van die organisasie. Gouws, ’n ouderling by die NG gemeente Mondeor in Johannesburg, sê aanvanklik was Geopende Deure se fokus om Bybels te versprei en vervolgde Christene te bemoedig. Verder het hulle mense bewus gemaak

Geopende Deure wil ’n brug wees Lees verder

Nuus
Sanggroep
Die musiekgroep wat die Algemene Sinode verlede jaar in sy sang begelei het. Die uitdaging aan enige begeleidingsroep is om liedere te vind wat lidmate help verstaan dat die lewende God aktief betrokke is by die nood in die wêreld – en dat God sy liggaam, sy kerk, daarvoor gebruik. Foto: Neels Jackson

Wat sing ’n missionale kerk?

Die NG Kerk se Algemene Sinode het by herhaling besluit en bevestig dat die kerk ’n missionale kerk wil wees. Dit is ’n visie wat ook al meer deur gemeentes gekoop en uitgeleef word. Maar wat is die implikasies daarvoor vir die kerksang? NEELS JACKSON het gaan kers opsteek. In die vroeë kerk het sang

Wat sing ’n missionale kerk? Lees verder

Sing missionaal

ATR soek nog regsadvies

Die Algemene Taakspan Regte (ATR) is besig om nog regsadvies in te win om te bepaal hoe hulle die appèlle teen die Algemene Sinode se besluite oor verhoudinge tussen mense van dieselfde geslag moet hanteer. Prof Johan van der Merwe, aktuarius van die Algemene Sinode, sê die meriete van die sinodebesluite is nie nou op

ATR soek nog regsadvies Lees verder

Nuus
Tonnels
Wessel Jordaan (regs) en André Enslin by ’n spinasie-oes in een van hulle groentetonnels. Foto: Neels Jackson

Tonnels help armes om self kos te kweek

Dit is die Here se opheffingswerk wat hulle doen, sê Wessel Jordaan oor die 1 100 groentetonnels wat hulle al oor die lengte en breedte van Suid-Afrika in arm gemeenskappe opgerig het. Jordaan werk onder die vaandel van die Waterval Christelike Sentrum, ’n organisasie sonder winsoogmerk, maar sy salaris kom van sy gemeente, kerksondermure in

Tonnels help armes om self kos te kweek Lees verder

Nuus
Groentekerk
Lidmate van die NG gemeente Pierre van Ryneveld in Centurion besig om spinasie te oes in een van hulle groentetonnels. Foto: Louise Jackson

Pierre van Ryneveld boer in die stad

Die spinasie groei geil. Beet en uie en blaarslaai het goeie oeste gelewer. Daar was boontjies en ertjies. Ná ’n jaar van in die stad boer, het die NG gemeente Pierre van Ryneveld baie om oor dankbaar te wees. Ds Ryno Meyer sê die projek is gebore uit die behoefte om twee dinge te doen. Eerstens

Pierre van Ryneveld boer in die stad Lees verder

Nuus
Scroll to Top