Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Briewe

Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuiging van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Post-hofsaak … heling, genesing en versoening

Prop Hennie Pienaar van George skryf per e-pos: Na aanleiding en met waardering van André Bartlett se positiewe en simpatieke brief oor wat die kerk nou te doen staan met betrekking tot veral hulle gay lidmate na die hofuitspraak het ek oor die volgende gewonder: Nóg gesprekke? Nóg verskonings? Nóg luister? Is dit regtig wat […]

Post-hofsaak … heling, genesing en versoening Lees verder

Briewe

Die hofuitspraak: Wat nou nodig is

André Bartlett skryf per e-pos Die afgelope paar jaar was ’n baie onstuimige tyd in die NG Kerk, onder andere vanweë diepgaande meningsverskille oor die beoordeling van selfdegeslagverhoudings. Die 2015-besluit van die Algemene Sinode het gelei tot talle appelle, beswaarskrifte en gravamina, ’n buitengewone Algemene Sinode in 2016 wat die vorige besluit met ’n ander

Die hofuitspraak: Wat nou nodig is Lees verder

Briewe

Ons moet doop: klein, groot, tussenin en herhaaldelik!

Dr Floris Knouwds skryf per e-pos: Ai, die doop darem! Ons sukkel daarmee. Veral omdat ons dit vanuit tradi­sio­neel-teologiese redenasies probeer reg­verdig en soos ’n steeks donkie weier om ons veronderstellings (veral die een oor nie-herhaling van verbondstekens) te bevraagteken. Satan, die mens se sondigheid, die maagdelike geboorte van Christus en selfs sy opstanding uit

Ons moet doop: klein, groot, tussenin en herhaaldelik! Lees verder

Briewe

Aan rubriekskywer: Kom woon saam Geloftefees by

Prof Sybrand Strauss (emeritus) van Parys skryf: Dr Nadia Marais van Stellenbosch se rubriek verwys. Sy kom tot die skokkende gevolg­trekking dat “die gelofte se God” nie dieselfde as die drie-enige God van ons Christelike belydenis is nie! Sy sê die Gelofte “is ingebed in ’n logika van geweld en Afrikanertrots.” Daarteenoor moet ons as

Aan rubriekskywer: Kom woon saam Geloftefees by Lees verder

Briewe

Gelofte ’n fees

Samuel van Vuuren skryf per e-pos: Om die Gelofte van Desember 1838 reg te verstaan, moet mens seker jou emosionele bagasie opsy skuif en dit nugter bekyk. Dan vra jy na die aanleiding daartoe en die inhoud daarvan. Die aanleiding tot die gelofte ’n Groep Christen-sondaars se voortbestaan word ernstig bedreig deur ’n magtige vyand.

Gelofte ’n fees Lees verder

Briewe
Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

Moeg vir twis

Barend Gildenhuys van Brooklyn skryf : Leopold Scholtz se insiggewende arti­kel oor kerklidmaatskap verwys. Die skrif is inderdaad ook vir die NG Kerk aan die muur. Nederland is nie meer duisende kilometer van ons af nie maar op ons drumpel by wyse van spreke. Nie alleen is die katedraal in Utrecht in die mark vir

Moeg vir twis Lees verder

Briewe

Kerksaak: ‘Ook bínne kerk is vele standpunte’

Louis Jonker van Stellenbosch skryf: Ek het met groot dankbaarheid kennis geneem van die uitspraak wat in die Noord-Gautengse Hooggeregshof oor die NG Kerk se 2016-besluit rondom selfdegeslagverhoudings gelewer is, en dat die 2015-besluit nou weer die geldende een is. Die onlangse hofuitspraak laat myns insiens geregtigheid geskied teenoor LGBTIQA+ lidmate en ampsdraers, en ek

Kerksaak: ‘Ook bínne kerk is vele standpunte’ Lees verder

Briewe

Aftree-ouderdom: ‘Ervaring kan nie gekoop word nie’

Ds Dawie Meyer skryf: Die artikel “Kerk krap kop oor leraars wat nie wil aftree nie” verwys. Ek is deel van die groep ouer predikante in ons kerk. Die artikel vermeld toevallig, maar neem dit nie wésenlik in ag nie, dat menige leraar (lees enige derde millennium persoon) in die huidige tydvak van gevorderde mediese

Aftree-ouderdom: ‘Ervaring kan nie gekoop word nie’ Lees verder

Briewe

Reaksie: Só glo kerk oor die doop

Die NG Kerk het niks daarteen dat iemand groot gedoop word nie, solank dit soos die kinderdoop eenmalig geskied, skryf ds Charl Stander, aktua­rius van die NG Kerk in die Wes-Kaap. Die NG Kerk het niks daarteen dat iemand groot gedoop word nie, solank dit soos die kinderdoop eenmalig geskied. Wanneer ’n ongedoopte volwassene tot beke­ring

Reaksie: Só glo kerk oor die doop Lees verder

Briewe

Dominee Tienie – “Wie is ek? Wie is ons?”

Ds Johan Raubenheimer van die NG gemeente Potchefstroom-Noord skryf: Dit was nogals ’n konfronterende ervaring gewees om na hierdie fliek te kyk. Die eerste vraag wat by my opgekom het was: “Is dit hoe mense my sien en hoor? Is dit hoe ek klink? Ek hoop darem ek lyk en kom nie so karikatuuragtig, afgeleef

Dominee Tienie – “Wie is ek? Wie is ons?” Lees verder

Briewe
Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

Algemene Sinode 2015: ’n Baken van hoop

Dr Gerrit Engelbrecht, emeritus-leraar van die Strand, skryf: Dit word dikwels genoem dat ons mekaar as medegelowiges in Christus moet raaksien en dienooreenkomstig met mekaar moet omgaan. Ek wil ook nie aanhou teruggaan na die verlede nie, maar die feit is dat die Algemene Sinode van 2015 op ‘n besondere manier uitdrukking gegee het aan

Algemene Sinode 2015: ’n Baken van hoop Lees verder

Briewe

Oor hospitaalbesoek 2

Dorothy-Anne Howitson van Kimberley skryf: Die artikel “Lesse uit die ontvangkant van hospitaalbesoek” (Kerkbode, 2 November 2018) slaan die spyker op die kop. Prof Johan vd Merwe getuig van die werklike stortvloed “omgee” wat besoekers bring. As gevolg van polio in 1957, het ek oor die jare gereeld in die hospitaal beland. En, ek dink, hoe

Oor hospitaalbesoek 2 Lees verder

Briewe

Oor hospitaalbesoek 1

Amanda Lotz van Potchefstroom skryf: Ek skryf na aanleiding van prof Johan van der Merwe se berig in Kerkbode, 2 November: “Lesse uit die ontvangkant van hospitaalbesoek.” Vyf-en-twintig jaar gelede het ons seun tragies gesterf aan sy eie hand. Bekendes en onbekendes het ons kom besoek en elkeen het gegee wat hy/sy gehad het om

Oor hospitaalbesoek 1 Lees verder

Briewe
Scroll to Top