LEKKERLEES: 22 Stories uit 2019

Dalk het jy van hierdie nuusberigte, opiniestukke of profiele gemis in die gewoel van 2019. Kerkbode het ’n paar gekies wat die moeite werd is om te lees voordat 2020 spoed optel. Mag die vinnige terugkyk jou help om God se trou en bewaring deur die afgelope jaar weer te sien en te onthou. Mag die wete van God se teenwoordigheid in gelowiges se poging om getrou aan God te leef, jou inspireer om ook ‘groot dinge’ vir God te doen in 2020.

#1
MEER AS 1200 EET SAAM IN WELLINGTON SE HOOFSTRAAT

Wellington se hoofstraat was op 4 Desember ʼn fees van kleure, geure, musiek en samesyn. Dié Wellington Unite-gemeenskapsete het as ʼn droom by die Wellington Moedergemeente ontstaan, het ds Lettie Büchner vertel.

# 2
OM RUIMTE TE SKEP
In 2011 het die dominee ’n break gevat. “In so ’n ander konteks kom diep dink los,” verduidelik sy onlangs.

#3
DIE BOER WAT ’N SKOOL GEBOU HET … EN ANDER GRONDSTORIES
Op ouderdom vier of vyf jaar glimlag die kinders van Bonnievale nog en die oë is helder, vertel Philip Jonker, ’n wynboer van dié dorp. “’n Mens sien die intelligensie – hul­­le kan nog enige iets in die lewe word,” sê hy.

#4
DURAND: ‘DANKIE IS TE ’N KLEIN WOORDJIE’
“Ek is 85 jaar oud en ek was daarvan oortuig dat ek graf toe sal gaan met hierdie onopgeloste probleem tussen my en die kerk waarin ek opgegroei het …” Dít was prof Jaap Durand se reaksie toe hy onlangs hoor dat die probleem toe wel na 37 jaar opgelos is. Die Algemene Taakspan vir Predikantesake (ATP) het die versoek om sy bevoegdheid in die NG Kerk (NGK) te herstel, goedgekeur.

#5
KYK: HOOFREGTER SE BESOEK RAAK TOE PREEK-, BIDSESSIE
“Ontgif ons van hooploosheid.” Só het hoofregter Mogoeng Mogoeng by die Algemene Sinode van die NG Kerk gebid.

#6
EERSTE VROULIKE ASSESSOR VIR NG KERK
“My droom vir die NG Kerk is ’n koerantopskrif wat só lyk: ‘Ons oë is op die werke van die Here,’” het die eerste vroulike assessor (ondervoorsitter) van die Algemene Sinode na haar verkiesing op 7 Oktober vanaf die verhoog gesê.

#7
‘THIS LITTLE LIGHT OF MINE, I’M GONNA LET IT SHINE’
Op die eerste oggend van die Lentekonferensie is prof Thuli Madonsela, vorige Openbare Beskermer en nou verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch, aan die woord. Halfpad deur haar rede vertel sy van ’n liedjie wat hulle as kinders in die kerk geleer het. Sy begin sing – en haar gehoor val spontaan saam het haar in: “This little light of mine, I’m gonna let it shine …”

#8
GEWELD TEEN VROUE: ‘GENOEG IS GENOEG’
“Ons treur vandag saam met geliefdes van dogters en vroue wat slagoffers van geweld en verkragting was en is. Ons treur oor seuns en mans wie se lewens so skeefgeloop het dat hulle tot hierdie dade in staat is. Here, sien ons trane en hoor ons noodkrete!” Só skryf die NG gemeente Heidekoppie, Brackenfell vandeesweek op hulle Facebookblad.

#9
KAAPSE VLAKTE: ‘KERK JUIS NOU NODIG’ – VGK
Aandkerk is buite die kwessie. Dis net te gevaarlik”.

#10
GEMEENTES WOEKER VIR WATER
Een lidmaat van die NG gemeen­te Joubertina se plan in die knellende droogte het nuwe lewe op die kerkgrond en verligting vir die aftreeoord net oorkant die pad tot gevolg gehad.

#11
’N BRUG TUSSEN BRACKENFELL EN KHAYELITSHA
Aaron Makili sê hy en ander Khayelitsha-dominees “came over the fence” om vanaand hier by die NG gemeente Brackenfell-Wes te wees.

#12
KZN HELP MOSAMBIEK MET WATERSUIWERING
“Ons het almal gehoor en beelde gesien van die katastrofiese gevolge van die ver­nie­tigende sikloon Idai in Mosambiek, Ma­lawi en Zimbabwe. As gelowiges kan ons nie hande gevou sit terwyl duisende mense in ons buurlande so swaarkry nie,” sê ds Gerhard Botha, hoof uitvoerende beampte van KwaZulu-Natal Maatskapli­ke Dienste (CMD).

#13
‘GOD ROEP MY’
Julius van der Wat is ʼn kerkraadslid, sportman, kunstenaar en werk by ʼn naskoolsentrum. Hy is ook serebraal gestrem.

#14
#IMAGINE – VERBEEL JOU ’N BETER SUID-AFRIKA
Dit was in 2013 dat die droom ontstaan het om ’n nuwe beweging van jeugbediening op die been te bring. In 2014 sou dit 40 jaar wees na 1974 se Jeug-tot-jeugaksie – en, het mense soos ds Gielie Loubser van die Wes-Kaap en Louis Brittz van Pretoria gevoel, dis tyd om weer so iets te doen.

#15
HOOR DIE SMAGTING NA STILTE, VRA TEOLOË
“Ons gooi die liewe Here dood met woorde.” Só waarsku prof Denise Ackermann. “Ons kan nie luister nie, want as ons luister, is ons kwesbaar,” meen die Anglikaanse teoloog.

#16
BEVESTIGING: ‘GENADETITEL’ VIR ELNA MOUTON
Dominee is ʼn genadetitel. Ander titels verdien ʼn mens op ʼn manier, maar dié van ʼn dominee word jy deur genade gegun,” het ds Bennie van Rensburg, leraar van die Wellington Moederkerk, aan prof Elna Mouton tydens haar bevestiging van dié titel gesê.

#17
KYK: GEMEENTE ‘KIES LIEFDE BO VREES’ MET AANSTELLING VAN GAY LERAAR
Geskiedenis is Sondagaand in ’n stampvol baksteenkerk in Kraaifontein in die Kaapse noordelike voorstede gemaak toe ʼn openlike gay man as leraar van die NG Kerk bevestig is.

#18
SKOOL LEER KINDERS MET GELOOFSBRIL KYK
ʼn NG gemeente se droom vir ʼn veilige omgewing vir hulle lidmate se kleuters het vlerke gekry.

#19
SAAM AFHANKLIK, SAAM GELOWIG
Meer as 100 000 mense van 33 kerke en geloofsgroepe het in same­werking met die Motsepe-stigting op 25 November 2018 van oral oor die land saamgekom in die ENB-stadion in Johannesburg om te bid vir ons land, skryf ds Dirkie van der Spuy, waar­ne­mende voorsitter van die NG Kerk se Algemene Sinodale Moderatuur.

#20
COLIGNY: BYBEL-MEDIA VAT DIE SPOOR VAN VERSOENING
Te midde van die vonnisoplegging van Phillip Schutte en Pieter Doorewaard wat vir die moord op Matlhomola Moshoeu verwag word, is die dorp Coligny in Noordwes weer in die kollig.

#21
KERK BRAND AF, MAAR LOFLIEDERE KLINK STEEDS OP
Hul kerk het Saterdagnag afgebrand, maar lidmate van Maitland Gemeenskapskerk het Sondag steeds saam gesing en gebid.#22En laastens, dié storie oor ’n pa se liefde:

Word 'n vriend van Kerkbode