Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Author name: Neels Jackson

Neels Jackson was voorheen kerksake-verslaggewer van Beeld. Sedert 2014 is hy redakteur van Kerkbode.

Kerke lei vredestaptog na Orlandostadion

Dr Kobus Gerber, vorige algemene sekretaris van die NG Kerk, voor in die middel van die vredestaptog na die Orlandostadion in Soweto. Die saamtrek in die stadion is die begin van ‘n veldtog deur die land se kerke om versoening te bewerkstellig. Links, in die wit en rooi, is biskop Zipo Siwa, leier van die Metodistekerk en president van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke.

Kerke lei vredestaptog na Orlandostadion Lees verder

Nuus
Voordat die dag se werk begin, word daar eers om die Woord en met gebed byeengekom. Hier lei ds Marthinus van Rooyen die byeenkoms.

Vriendschap-boerdery laat die geloof uitkring

Die Vriendschap-boerdery naby Melmoth in KwaZulu-Natal is ’n familie-onderneming, ’n saak waarin geloof ’n belangrike rol speel. Neels Jackson vertel. Dis vroegoggend as die werkers in ’n skuur by Mtonjaneni saamkom. Die naam Mtonjaneni beteken “by die fontein” en dit verwys na ’n fontein daar naby waar die Zoeloekoning Dingaan sy drinkwater laat haal het.

Vriendschap-boerdery laat die geloof uitkring Lees verder

Artikels
Jan de Wet met sy kitaar.

Jan de Wet bring die Woord met musiek

Jan de Wet was die pionier van populêre Afrikaanse geestelike musiek. Hy het waarskynlik ’n groter rol gespeel om die kerklike musiektoneel die afgelope klompie dekades te verander, as enigiemand anders. Neels Jackson het met hom gesels. Jan de Wet se gedagtes gaan ver terug as hy praat oor die beginjare van sy musiekbediening. Destyds

Jan de Wet bring die Woord met musiek Lees verder

Artikels

‘Ons wil die struikelblokke wegvat’

Die missionale transformasie van die kerk is ’n beweging van God wat nie gekeer kan word nie, sê ds Freddie Schoeman, voorsitter van die Algemene Sinode se Taakspan vir Missionale Transformasie. As taakspan sien hulle dit nie as hulle taak om nuwe strukture op te rig nie. Wat hulle wil doen, is om die energie wat daar reeds in die kerk is, te stimuleer en om die struikelblokke weg te vat wat dit moeilik maak

‘Ons wil die struikelblokke wegvat’ Lees verder

Nuus
Jan Malan in sy kantoor. Die skildery agter hom beeld die slag van Konstantinopel uit en is ’n teken van sy liefde vir en kennis van militêre geskiedenis. Foto: Neels Jackson

Dis nou tyd om te bou

In die ou bedeling was baie dienspligtiges bereid om hulle lewe te gee vir hulle land – en party het. Noudat die land hulle weer nodig het, moet hulle nie op die pawiljoen gaan sit nie. So gesels Jan Malan, afgetrede kolonel, in sy kantoor in Lynnwood, Pretoria. Dis ’n hanetreetjie van Lynnwood se NG

Dis nou tyd om te bou Lees verder

Nuus

Bid vir Stanford, vra Ring ná dwaling oor doop

Die Ringskommissie van die ring van Caledon het voorbidding gevra vir die gemeente Stanford terwyl die Ring en die Sinode van Wes-Kaapland help om die gemeente te stabiliseer.
Dit kom nadat die gemeente se predikant sy status verloor het weens leerdwaling en die ring ook ingegryp het in die bestuur van die gemeente.
Die volledige mediaverklaring deur die Ring van Caledon en die Moderatuur

Bid vir Stanford, vra Ring ná dwaling oor doop Lees verder

Nuus

DiacAfric wil oor die praktyk praat

“Ons wil graag die insigte (uit 2015 se DiacAfric-konferensie) na die praktyk van alledaagse gemeentewees bring.” So skryf dr Botha van Aarde van die Algemene Sinode se Taakspan vir Missionale Diakonaat oor die DiacAfric-konferensie wat van 31 Mei tot 1 Junie by die Padre Pio Spiritualiteitsentrum in Pretoria gehou word. Die oorhoofse tema vir vanjaar se konferensie is Armoede: geleentheid of verleentheid vir ʼn missionale gemeente. Dit word in drie

DiacAfric wil oor die praktyk praat Lees verder

Nuus
Leonardi Stoop op die Durbanse strand. Haar mikpunt is ’n vars, nuwe vorm van kerkwees wat jongmense bereik wat nie deur die tradisionele bedienings gelok word nie. Foto: Neels Jackson

’n Vars bries waai deur Durban

Daar is vars briesie wat deur Durban trek – en dit is nie net die seewind nie. Haar naam is Leonardi Stoop, die jong dominee wat deur die NG gemeente Krantzkloof beroep is vir ’n bediening buite die kerk. Dr Barry Tolmay, haar senior kollega en mentor, sê dominees wil almal hê dat mense Sondae

’n Vars bries waai deur Durban Lees verder

Nuus
Christo en Miems de Klerk by die ingang tot NaEden. Foto’s: Neels Jackson

By NaEden leer jy om te ‘dans met God’

In die dorpie Munster aan die suidkus van KwaZulu-Natal is daar ’n retraitesentrum wat vir baie mense nuwe sin gebring het. Neels Jackson het besoek gaan aflê by Christo en Miems de Klerk by NaEden. Ek wens ek kon hulle spiritualiteit hê,” sê dr Christo de Klerk terwyl hy beduie na Simson en Tanya, die

By NaEden leer jy om te ‘dans met God’ Lees verder

Artikels

Kerke beplan groot veldtog vir versoening

Die kerke van Suid-Afrika beplan ʼn groot versoeningsveldtog in die land saam met organisasies wat die leiers van die jeugopstande van 1976 en die diensplig-generasie verteenwoordig. Die tema, na aanleiding van Psalm 98, is: Sing ʼn nuwe (Suid-Afrika) lied! Die veldtog sal begin met veertig dae van gebed van 7 Mei tot 15 Junie. Op 16 Junie word die Soweto-opstand van 1976 herdenk. Kerkleiers wil hê dié belangrike simboliese

Kerke beplan groot veldtog vir versoening Lees verder

Nuus
Scroll to Top