Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Afgehandelde vakatures

Die sluitingsdatum vir hierdie vakatures is verby en aansoeke word nie meer ontvang nie.

NG Gemeente Kokstad (dolerend): Vastetermyn leraarspos (drie jaar)

Vakature: Vastetermyn leraarspos (drie jaar) Gemeenteprofiel: Kokstad is ’n plattelandse gemeente met 153 belydende en 27 dooplidmate en 85 besoekpunte. Die gemeente is verdeel in vyf dorpswyke en drie plaaswyke. Van die belydende lidmate is 19 in die Ixopo-wyk wat deur ’n emeritus pastorale leraar bedien word. Die gemeente het in Maart 2023 sy eeufees […]

NG Gemeente Kokstad (dolerend): Vastetermyn leraarspos (drie jaar) Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Bergsig (Newcastle): Voltydse predikantpos (Reglement 13)

Vakature: Voltydse predikantpos (Reglement 13) Gemeenteprofiel: Bergsig is ’n plattelandse gemeente in Newcastle, Noord Kwazulu-Natal (ongeveer 300 km vanaf Durban en Johannesburg). Newcastle as dorp is die derde grootste metropool in KZN en het ’n sterk industriële komponent met nywerhede in die staal-, tekstiel-, sement-, chemiese en mynbousektore. Die dorp ondersteun ook ’n groot boerderygemeenskap.

NG Gemeente Bergsig (Newcastle): Voltydse predikantpos (Reglement 13) Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Elliot: Predikantspos (onbepaalde termyn)

Vakature: Predikantspos (onbepaalde termyn) Sluitingsdatum: 21 Februarie 2025. Die NG Gemeente Elliot is ’n volhoubare plattelandse gemeente met 170 belydende en 40 dooplidmate. Die dorp is aan die skilderagtige voetheuwels van die suidelike Drakensberg geleë en word deur paaie van goeie gehalte bedien. Landbou (wol, vleis en saai) en toerisme is belangrike ekonomiese aktiwiteite. Die

NG Gemeente Elliot: Predikantspos (onbepaalde termyn) Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Delmas-Wes Familiekerk: Leraar (Vastetermynpos)

NG Delmas-Wes Familiekerk: ’n Omgeegemeente GEMEENTEPROFIEL Ons gemeentevisie is “God in almal sigbaar”. Ons is ’n dolerende gemeente. Ons is ’n Skrifgetroue en Geesvervulde gemeente. Ons is 381 lidmate. LERAARSPROFIEL ’n Leraar wat geroepe sal voel om saam met ons hande te vat om God se opdrag uit te voer. Begrip het vir die unieke

NG Delmas-Wes Familiekerk: Leraar (Vastetermynpos) Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Helderberg: Finansiële beampte

Vakature: Finansiële beampte POSBESKRYWING: Die ideale kandidaat is pro-aktief, akkuraat, syfervaardig en is bogemiddeld bekwaam om die finansiële aspekte van die gemeente te bestuur tot op oorhandiging aan die ouditeure. Goeie menseverhoudinge, die vermoë om onafhanklik en verantwoordelik te werk, asook die effektiewe bestuur van tyd is ononderhandelbaar. Uitstekende vaardigheid van Excel en Pastel is

NG Kerk Helderberg: Finansiële beampte Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Standerton-Suid: Leraar

Sluitingsdatum: 31 Maart 2025. Dienstermyn: Permanent. Gemeenteprofiel: Die gemeente bestaan uit 50% plaas- en 50% dorpslidmate. Sowat 340 belydende en 70 dooplidmate. Ons is ’n samewerkende gemeente wat diep afhanklik van die Here is en streef na Skrifgetroue bediening. Die gemeente is geleë op die Hoëveld aan die suidekant van Standerton. Die gemeente is meelewend

NG Kerk Standerton-Suid: Leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Murray (De Doorns): Leraar

NG Kerk Murray (De Doorns): Vreugdevolle medewerkers in die wingerd met die oog op God se oes. Vakature: ’n Voltydse gelegitimeerde NG leraar wat saam met ons God se visie vir die koninkryk wil uitleef. Sluitingsdatum: Vrydag 7 Februarie 2025. Gemeenteprofiel: Ons is ’n plattelandse gemeente in die Breederiviervallei, bestaande uit ongeveer 750 volwasse en

NG Kerk Murray (De Doorns): Leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Pearston: Diensleraar

Vakature: Diensleraar Termynbepaalde deeltydse kontrak (12 maande | 26 ure per week) Gemeenteprofiel: Die NG Gemeente Pearston is ’n klein plattelandse Karoogemeente wat vir mekaar omgee en sorg. Die gemeente het ’n behoefte om uit te reik na mekaar en die gemeenskap. Die dorp is geleë 46 km vanaf Somerset-Oos; 77 km vanaf Graaff-Reinet; 66

NG Gemeente Pearston: Diensleraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Hopefield: Leraar (vastetermynpos vir drie jaar)

Vakature: Leraar (vastetermynpos vir drie jaar) Oor ons gemeente Hopefield is ’n plattelandse gemeente aan die Weskus met 207 belydende en 49 dooplidmate. Daar is ’n meerderheid ouer lidmate, maar ook ’n pragtige klomp jonger mense in die gemeenskap. Die gemeente is in 1851 gestig en vier vanjaar 173 jaar van die Here se genade

NG Gemeente Hopefield: Leraar (vastetermynpos vir drie jaar) Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Amersfoort: Voltydse leraar/emeritus

Ons gemeente in Amersfoort, Mpumalanga, nooi jou hartlik uit om deel te word van ons familie en die volgende vrugbare hoofstuk van ons reis saam met Jesus te lei.   Wie is ons?  Ons is ’n plattelandse gemeente met diep wortels en ’n passie vir groei en samewerking. Ons is finansieel stabiel, hardwerkend en staan as

NG Gemeente Amersfoort: Voltydse leraar/emeritus Lees verder

Afgehandelde vakatures

ACK Howick/Pukekohe Gemeente in Auckland, NZ : Leraarspos

Afrikaanse Christen Kerk van New Zealand (ACK van NZ) VAKATURE: LERAARSPOS Die ACK Howick/Pukekohe gemeente (in Auckland) van die Afrikaanse Christen Kerk van New Zealand (ACK van NZ) beskik tans oor ’n vakante pos vir ’n leraar (senior of junior) wat geroepe voel om in ’n dinamiese multi-denominale gemeente te dien.  Aansoekvorms is te kry by: 

ACK Howick/Pukekohe Gemeente in Auckland, NZ : Leraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures

Fontainebleau Gemeenskapskerk (NG Fontainebleau) : Aanbiddingsleier

Fontainebleau Gemeenskapskerk (NG Fontainebleau, ook FGK) is biddend opsoek na ’n aanbiddingsleier wat deel sal wees van ons gemeente. Ligging: Randburg | Johannesburg Is jy passievol om mense te begelei in aanbidding deur musiek? Het jy die begeerte om ’n missionale gemeente te inspireer om God meer getrou na te volg?  FGK is opsoek na

Fontainebleau Gemeenskapskerk (NG Fontainebleau) : Aanbiddingsleier Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Durbanville: Senior jeugwerker

Vakature: Senior jeugwerker Durbanville-gemeente se jeugbediening is gebou op ’n formasiereis, waardeur kinders van doop tot belydenis van geloof, en ook daarna, gevorm word as dissipels van Jesus, wat saam met medegelowiges in diens is van God se nuwe wêreld. Die fokus van die senior jeugwerker is om hierdie formasiereis, in samewerking met die predikante

NG Durbanville: Senior jeugwerker Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Barberton: Vastetermynkontrak

Vakature: Leraar / Proponent / Emeritus Vastetermynkontrak / Diensleraar Sluitingsdatum: 15 Februarie 2024. Dienstermyn: Twee jaar (daarna onderhandelbaar). Gemeenteprofiel: Barberton is ’n marginale plattelandse gemeente in die De Kaap-vallei, omring deur die Makhonjwaberge in die Laeveld en 45 km vanaf Nelspruit, met 355 volwasse lidmate en 34 kinders onder 16 jaar. Die meerderheid lidmate is

NG Kerk Barberton: Vastetermynkontrak Lees verder

Afgehandelde vakatures

DEGNOS Namibia: Theological training officers

Volunteer opportunities: Theological training officers DEGNOS is seeking ordained ministers from the Dutch Reformed Church or Reformed Church to join our mission in providing theological training in Namibia. This role involves serving within the DEGNOS ministry area and Kunene for Christ, focusing on rural communities. Key requirements: Ordained minister of the Dutch Reformed or Reformed

DEGNOS Namibia: Theological training officers Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Newtonpark, Port Elizabeth (Gqeberha) : Permanente deeltydse leraar/diensleraar

Vakature: Permanente deeltydse leraar/diensleraar (4 dae per week)                                  Gemeenteprofiel Die NG Kerk Newtonpark is in ’n dinamiese voorstad geleë, omring van laer- en hoërskole, hospitale en winkelsentrums. Die gemeente bestaan uit sowat 296 belydende en 36 dooplidmate. Dit het

NG Gemeente Newtonpark, Port Elizabeth (Gqeberha) : Permanente deeltydse leraar/diensleraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar

Vakature: Voltydse leraar (huidige leraar tree af) Dit is met biddende harte wat ons gemeente die vakature van ’n NG leraarspos aan die breë kerk bekend maak. NG Kerk Meyertonpark in ’n neutedop In ons gemeente is Jesus eerste vir ons alles. Ons poog deurlopend om in alles, ons liefde vir Jesus voorop te stel.

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Barrydale (Wes-Kaap): Leraar – Voltydse vastetermynpos vir drie jaar

Vakature: Bedienaar van die Woord (Leraar) Voltydse vastetermynpos vir drie jaar GEMEENTEPROFIEL Barrydale is ’n plattelandse gemeente geleë tussen Montagu en Ladismith op die R62-roete. Die gemeente val binne die Ring van Swellendam en bestaan uit 175 belydende lidmate en 40 dooplidmate. LERAARSPROFIEL Moet kan aanpas by plattelandse gemeente en gemeenskap. Aktuele prediking, pastorale werk,

NG Kerk Barrydale (Wes-Kaap): Leraar – Voltydse vastetermynpos vir drie jaar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Stad op die Berg (Louis Trichardt): Leraar

Vakature vir leraar God roep ons om te leef in sy lig en te volg in die voetspore van Jesus. VAKATURE: ’n Voltydse gelegitimeerde NG leraar wat geroepe is om die kerkraad en gemeente te help om hulle doel uit te leef in lyn met die aanvaarde visie van die gemeente. Sluitingsdatum: Vrydag 7 Maart

NG Gemeente Stad op die Berg (Louis Trichardt): Leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Migdol: Leraar of emeritusleraar

Vastetermyn kontrakpos vir twee jaar (daarna onderhandelbaar) vir ’n leraar of emeritusleraar SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 31 Desember 2024. DIENSAANVAARDING: 1 Maart 2025. GEMEENTEPROFIEL: Migdol is geleë tussen Schweizer-Reneke en Delareyville in die Noordwesprovinsie. Dit is ’n klein plattelandse gemeente bestaande uit 52 belydende en 13 dooplidmate met 31 besoekpunte. LERAARSPLIGTE en -PROFIEL: Gewone predikantspligte volgens

NG Kerk Migdol: Leraar of emeritusleraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Parkkruin Familiekerk: Jeugwerkerspos

Vakature: Jeugwerkerspos NG Gemeente Parkkruin Familiekerk is op soek na ’n energieke en dinamiese persoon met ’n liefde en passie vir die jeug. Sluitingsdatum vir aansoeke: 3 Januarie 2025. Dienstermyn: Kontrakpos – 12 maande. Gemeenteprofiel: Parkkruin Familiekerk is ’n voorstedelike gemeente in Parkview, Johannesburg, wat tussen verskeie laer- en hoërskole geleë is. Die gemeente fokus

NG Gemeente Parkkruin Familiekerk: Jeugwerkerspos Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente George-Suid: Medeleraarspos

Vakature: Medeleraarspos George-Suid en Heroldsbaai-gemeente wil graag die aangename geur van Christus grensloos versprei (2 Kor 2:14). Ons nooi daarom, in groot afhanklikheid van die Here, jong gelegitimeerde predikante en proponente uit om aansoek te doen om as voltydse medeleraar saam met ons gemeente hierdie strewe te kom leef. Die pos het ’n sterk fokus

NG Gemeente George-Suid: Medeleraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures
Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.